Die Stoep

4 Desember 2018



Dit is 'n sagte grys oggend. Die paddas sing en doudruppels hang aan die geute buite my venster. Daar is honde en katte om en op my, die seuns is in die middel van 'n luide niks-seggende argument, en ek probeer Stoep gesels... Met my wysvinger en 'n slim foon wat elke tweede Afrikaanse woord in iets anders verander. Maar dit was nou lank genoeg, en skryf sal ek skryf!

Sedert die laaste skrywe het amper twee en 'n half jaar verbygekruip, en ek gaan nou werklik nie verder sleg voel daaroor. Dis 'n nuwe seisoen, kom ons sit saam aan God se genadetafel en "wees net lekker".

'N vriendin stuur vanoggend vir my 'n foto wat sy gevind het, van haarself as 'n jong meisie. Haar woorde was: "I wish I could remember that happy girl"... Ek dink ons almal het seker al op 'n keer met so foto in ons hande gestaan en wonder. Daai klein dogtertjie met die roomys wat oor haar hande en Twiggy styl rokkie drup? Ek onthou haar nie, maar daar is tog iets bekend aan die manier waarop sy haar ken na eenkant draai, en die blik ver van die kamera, tevrede in haar eie droomwereld. Wat was haar gedagtes en drome, haar seer  en vreugdes? Wie sal weet... Maar nou is dit vir my genoeg om te weet; my Skepper ken my mos nog altyd, al van die tyd wat ek 'n gogga in my Mamma se baarmoeder was en hy liefdevol aan my menswees gewerk het. En daardie werk is nog steeds nie voltooi, so wees geduldig liewe mense, ek (en jy) is 'n meesterstuk in wording! 

9 Januarie 2017


Gladwurms in Simonstad
Na oomblikke van oorpeinsing op die stoep, het ek besluit om die nuwe skryfjaar af te skop in Afrikaans! My gedagtegang is meestal in Engels, so dis goed om die geskrewe woord in die "taal" te beoefen...

'n Maand lank vyftig, en nie veel het verander tot dusver. Skrik nog steeds soms vir obskure liggaamsdele wat eweskielik beplooid voorkom, maar die skok is van korte duur. Plooie op tone en elmboë is tog geen siekte! Die mormone is tans nog relatief mak, ek gloei of stoei nog nie teveel met my familie, so met so paar ton genade daagliks gaan ons voort.

Tuis na 'n ryk week-lange besoek aan Kaapstad en familie daar, en ons neem diepe teuge van wye, vars rustigheid, en kyk met dankbaarheid na die egte skoonheid oral om ons. Die Oos-Kaap mag nou wel die "vergete" provinsie wees, maar soos ou Aspoestertjie, het dit net 'n hart oop vir die onverwagse nodig om haar prag te waardeer. Die mense veral, skyn soos rowwe diamante tussen die rommel en slaggate in die paaie. Daar is bloed in die grond en 'n lang geskiedenis van konflik eggo soms nog in mense se harte. Die "voorvaders" het steeds 'n ysere houvas op mense se daaglikse lewens. Armoede is geen vreemdeling, en drank maar gereeld 'n onmiddelike uitvlug. Maar ten spyte van alles is die deursnit plaaslike Xhosas blymoedig, trots en kenmerkend "luilekker" (laid-back). Werk word meestal nie teen 'n breek-nek spoed voltooi, maar more is tog eg wel nog 'n dag... Hier kan jy nog met vrymoedigheid 'n "lift" gee aan 'n "local" en 'n lekker geselsie aanknoop onder weg. Al is dit maar in gebroke Engels met 'n tong-klik hier en daar. Mens leer om jou korte drade te rek, verwagtinge aan te pas en "foute" in die skadu van pluspunte te plaas.

Gedurende 'n boswandeling gister het die honde 'n bokkie uit haar wegkruip-plek opgejaag en sy het met lang lenige spronge agter ons oor die pad gevlug. So vry en ongebonde - 'n oomblik vasgevang in blink kinder oë. Vreemde sampioene met 'n silver glans wat regop staan in koei-mis. Plante en kruide wat die lug met 'n helende geur vul. Wind in die boomtoppe, dennenaalde onder my stewels en die wye vrye wete - dit is ons tuiste.

In Kaapstad is daar gefliek, ge-yskaats, ge-winkel en gestaar. Gekuier by die pikkewyne. Flinders en voëls en gediertes in hokke en glaskaste bekyk. Ge-familie en ge-jol. Snags in die hitte na mal motorfietsryers op die snelweg geluister en gedroom van padda-kore wat sing in die mis-reën. Franschoek besigtig en 'n glasies vol handgemaakte roomys met fyn lepeltjies en delikate happies geproe. Vanaf die hoogtes van die Britse imperialis en Suider-Afrikaanse sakeman en politikus John Cecil Rhodes se gedenkteken, weereens uitgekyk oor die noord-oostelike gedeelte van Kaapstad. Skuilend aan die voet van Duiwelspiek, met die Helderberg en Hottentots-Holland berge deinsend in die verte. Interessant dat dit Sir Herbert Baker en Rudyard Kipling (Jungle Book se pa) was wat op die impossante ligging besluit het. 'n Graniet Griekse tempel, gebou deur Italiaanse vakmanne. Hoe lank, het ek tog by myself gewonder, voordat iemand aanstoot neem en arme Rhodes se bronse kop laat rol... 

Die reis daarheen en terug was verbasend "min-eisend". Dorp na dorp is daar meer van ons mooie land ingeneem en ervaar. Intieme samesyn. Wiele wat sing op die lang pad. Pad kos. Pad musiek. 'n Veranderende landskap wat verby die vensters flits. Indrukke. Herinneringe. Heimwee na nerens en orals.

Maar nou moet ek ophou klets en drop eet en van hierdie stoel afklim en vir my familie kos maak en my ander kant vir die deurmekaar huis wys.

Ek laat 'n vers as laaste gedagte en groet.

"Anders (as ons) is die heerlikheid van die son en anders die heerlikheid van die maan en anders die heerlikheid van die sterre; want die een ster verskil in heerlikheid van die ander ster. So is ook die opstanding van die dode: daar word gesaai in verganklikheid, daar word opgewek in onverganklikheid; daar word gesaai in oneer, daar word opgewek in heerlikheid; daar word gesaai in swakheid, daar word opgewek in krag." ~ 1 Kor 15:41-43

"Daarom, my geliefde broeders (en susters), wees standvastig, onbeweeglik, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle arbeid in die Here nie tevergeefs is nie." ~ 1 Kor 15:58

As alles soms tevergeefs voel - dit is nie.




23 Junie 2016



Die kortste dag en die langste nag is verby, die vuur knetter en die honde blaf hulle kele hoes vir 'n alleenloper Samango aap in die bos. Die seunskinders is elk met 'n piesang in die kies by die deur uit en behalwe vir die rekenaar se dreuning, is dit stil in die huis... Stoepsit tyd!

Die nagte is ysig en soms word die dag wakker met swaar ryp, wit en wyd oor die veld. Dit laat my terugdink aan Hoeveld winters met ys op die asbes "vogelbadje" en 'n spierwit parkie in die skaduwee van die Magaliesberg. As die wind waai is dit maar bitter buite, maar vandag skyn die son heerlik en die dag is vars en vrolik. Die Hogs le luilekker onder 'n vaalblou lug en die laaste herfsblare het gesneuwel en vladder net soms nog so bietjie rond as die wind sterk waai.

Die Gladworms was vir amper 'n volle vier salige dae by see. Alles lyk, ruik, voel en klink anders langs die kus. Die lig is skerper, maar die oseaan sag op die oog verder as wat mens kan kyk. Duine le snus teen-aan die strand en daar is sommer op die eerste dag al duine afgery op 'n "chip-board" sandslee. Mens kan stap en stap en stap sonder op en afdraandes (behalwe vir die duin uitklim en gly terug nag na ons huisie). Die kenmerkende sout-see-lug maak jou sommer duiselig van lekkerte, en na die eerste dag is die brander-musiek so deel van die hele see-simfonie, dat jy dit skaars opmerk.

Daar is gebraai (iets ongewoon vir ons familie), ontbyt ge-eet op 'n bankie wat oor die see uitkyk, aan vis en chips en sushi gesmul langs die Kowie rivier. Dieselfe rivier is van nader beleef in 'n "paddle boat", en "Va en Moe" moes trap vir die vale terwyl die twee jonge here heerlik agter-oor sit met voete in die water (ek wil ook weer vyf of ses wees!) So kon ons die rykes in hulle onooglike sement paluise bekyk, met hul lang slap bote en ander water speelgoete wat aan elke private kaaitjie dobbel. Ag dis lekker om 'n "pleb" te is, te is...

Maar my selfvoldaanheid was van korte duur. Aan die einde van die water-trap rit, spring die drie manne ligvoets terug op die kaai. Mevrou besluit toe dit is dalk wyser om stadig en grasieus 'n hand uit te ryk om uit die bewende boot met lam getrapte bene te klim. Maar Meneer het nog die anker-tou in sy ander hand en voete nie mooi ferm geplaas. Met die gevolg dat die meer as veer-gewig van sy liewe vrou hom van balans af trek en hy die greep laat los. Op 'n manier kon ek nog die totale konsternasie van in die groen water plons vermy deur my gewig na die bootjie langsaan te mik. En met 'n hik en 'n sluk met "de derrierre" op die skerp kant van die pedaal te lande te kom. "Wonder boven wonder" was daar geen sterk taal of ernstige beserings. Net 'n gewonde trots, stukkende broek en teer boud velle! (En drie paar piering oge op die kaai).

Na 'n uur of so en roomys vir die skok, kon ons almal daaroor lag en verder op die strand gaan rond-hang met 'n boek, terwyl talle kinders met silwer lagstemme in die water baljaar. Daar is skulpe bekyk en opgetel, gestaar, gedroom, gesus en gerus. Salig...

Maar dit kwam ook weer tot 'n einde en die pad naar huis is met dankbare harte en 'n ligte bedroeftheid aangepak. Die drie uur rit is gebreek deur die tradisionele halt in Bathurst. 'n Fraaie dorpie met die grootste pynappel en die oudste "pub" in die land. Gevul met kuns-, antiek-winkels, snuisterye gaatjies en my gunsteling "bizzario", - 'n vreemde, wye, nou smousplek met winkel poppe op die dak en verblykte plastiek blomme in die beddings. Al die oumas en tannies se ou kitch klere op hangers in diggepakte rye. Verder enige iets van 'n donkie halter tot ge-"chipte" bedpanne, stowwerige boeke en soms... 'n "find". Met 'n vol hergebruikte sak, wat nie eers die beursie leeggemaak het, was die pad ligter, korter en die snorke op die agter sitplek diep en rustig.

Tuis was en is tog maar steeds bes, al is oos en wes dalk warmer. En ek besef weereens, ek is lief vir die strand, bewonder die bosveld, voel vry op die vlaktes, maar my hart is in die berge!

Dis nou behalwe vir die stukkies wat by elke een bly wat lief en ver is. Tot die volgende skrywe of gesels maar "boven alles": hopelik tot die volgende weersiens...

Maria


17 Desember 2015


Dag lieves,

Gedink ek moet darem die blogjaar reg afsluit met 'n stoepgeselsie. Daar is nie genoeg stoep gesit die jaar. Ek kyk terug en sien hoe hol ek rond en trek bosse uit en tel speelgoete op en pak kaste reg en brom oor modder-voete en pote en swaai my mop en waai my lap soos 'n kwaai septer. Maar ek sien nie genoeg tyd van net rustig sit en kyk. En kyk. En nog so bietjie kyk. Hier is dit tans mistig, so ons sal dit 'n stoepsit met hande om 'n bakje gezette koffie met stroopwafels of 'n stomende glas "gloeiwyn" maak.  Kies julle maar.

Die Hogsback berge le altyd so rustig en geduldig. Die wye vallei en digte lower van bome, soveel mooi om ons en ek "kyk" heeltemal te min om regtig in te neem en te waardeer. En te deel en dink aan al die mense vir wie ek lief is en my hart warm hou.


Maar nou ja, hier sit ons nou en daar is soete vooruitsig van eg kuier en saamwees binnekort. Dis nog maar steeds effens woes hier, ten spyte van al die pogings om orde te handhaaf. En eintlik is dit beter so. Dit hou my nederig en ek gooi met vreugde my lap en mop in die hoek en sing: "Hou tog op te poetse en kyk tog niet zo nou. Hey gaude me, dan gaan we een entje lopen, Ik ken een plekske by de water, de bloempjes staan weer open... " ens. Goeie liedje vir Hollandse huisvrouens!

My wens en hoop in die weke wat voorle is vir diepe teuge van goedheid, rustigheid en aanvaarding. En dankbaarheid. Ek was nog nooit so ryk soos nou. God's goedheid en guns (dankie Snorkie) volg ons inderdaad elke dag en ek weet eg nie genoeg woorde om met hart en siel te se "Dankie!"

Daar is 'n jong denneboompie uit die die tuin gehaal en die staan nou opgetof in die hoek met alles wat blink en sprankel. Kleine handjies het gretig saam ge"deckerate", en ek moes maar onthou wat my Pa soms sou se as alles nie helemaal reg wou uitwerk: "Het komt tog niet so presies"... Persente is toegedraai en weggesteek. 'n Liewe Xhosa vrou met 'n sagte glimlag was my bondels wasgoete terwyl ek lekker sit en klets. 

Die tasse staan reg, (alhoewel nog leeg tans) en ek vertrou die laang pad Kaapstad toe sal 'n avontuur wees en soos altyd sal die reis verassings en perspektief bring.

Die mis lig, die waslyn wag en daar is hongersnood te bespeure by twee kleine mannekes. Ek groet vir eers tot weer siens (binnekort!) vir sommige en tot ons weer gesels vir anderes.

Die jaar spoed tot 'n einde, maar met Christus is daar altyd "new beginnings".

Ryke seen en big hugs van ons almal
Maria



25 Maart 2015


Julle het seker gedink ek het vergeet van my Stoep... Niet waar. Ek sit nog graag daar, maar gewoonlik net om te staar. En daar het julle sommer die eerste stanza van 'n gedig ook... Die res sal volg by die volgende uitgawe van die onreelmatige publikasie. Als die redaksie onthou natuurlik.

Gisternag was een van daai vreemde slapelose, draai in jou slaapklere rond en sug nagte. My voete wou nie stil le, my brein wou nie stil word en alles om my was heeltemal te stil. Ek was amper verlig to Danu skuins na middernag in die kamer inskuifel en iets mompel van 'n "bad dweam". Ons bemoedig hom toe maar so biejtie en stuur hom terug na sy bed. Na nog vyf of tien minute se gesnuif uit hulle kamer se rigting, gee my moeder hart toe maar in en ek gaan skuif langs hom in. Ek bid saggies vir hom en voel die warm lyfie langs my ontspan, sy hande beide in een van myne. En daar snork ek toe heerlik tot die oggendstond - niks meer onrustigheid nerens. Weet nie seker wie het op die ou einde vir wie vertroos... Glo dis 'n gawe wat die klein teddiebeer het. Van klein baba kon ek aanvoel hoe ek ontspan die oomblik as Daniel in my arms of op my skoot le. Male sonder tal het ek voor die kaggel aan die slaap geraak met hom in die waai van my arm. Hy vryf graag sag met so skewe salige smile oor my wang en vermurwe my hart sonder enige inspanning.

Luke vermurwe meesal meer my geduld as my hart, maar kan op onverwagte oomblikke omdraai en my verras met 'n aankondiging soos: "Mama, you are a lovely mama and you do everything for us". En Mama maak altyd die beste kos in sy opinie en kan hom darem nog klop met skaak. Ag nou ja, nodeloos om te se - alles dan weer vergeeft!

Verder raak die Gloeiwurms heel opgewonde oor die opkomende reis na die vleispotte van Gaugipte. Luke merk die dae met skewe kruisies af op hulle kalender en ek begin wonder hoe gaan ek hulle besig hou vir die lange reis... Maar ons het dit voorheen gedoen, so seker ongeveer op dieselfde manier. Die breine raak net meer en meer honger (en die lywe ook daarmee saam). Ek voel soms soos 'n apteker wat aldag voorskrifte uitdeel wat meesal op die boonste rak van die apteek te vinde is! Gelukkig is daar nog genoeg pret tussen-in dat die "apteker" nie die "pasiente" met die trapleer bykom. Onlangs het ek wel vir Luke om die huis gejaag met die eierspaan, maar dis 'n ander storie...

Praat van honger lywe - hier is dit al weer amper etenstyd en die piesangs en appels en vrobitas (provitas) is op. Buite zoem die bossie-slaners en kettingsae onder 'n vaal blou lug met 'n vlouerige son wat vir alles loer van agter vette wolke. Herfs is hier en blare begin warrel in die wind. Modder le diep na goeie reen, maar ons is bly om weer die son te sien. Soos die Here se genade is dit maar altyd daar, voel net soveel "warmer" as ons dit op 'n manier wat ons kan verstaan kan sien en voel.

Nou groet ek julle tot volgende week. Hoera, hoera - hou reg julle deurmatte hier kom die bergies.

'n Marrow-barrow (kruiwa) vol liefde
Maria





5 Januarie 2015



Kersfees by die buurman

My betere helfte het my vroeer vannaand herinner dat my vorige "Stoep" gesels verlede jaar Augustus was. Toe dink ek by myself: "blistering barnacles!" (vir die Tin-Tin aanhangers), dis laaank gelede... So hier sit ek nou, met 'n ligte gesnork uit alle rigtings en 'n hond wat diep sug en blaas van onder die stoel as die enigste geluide. Stilte is nog steeds vir my 'n vreemde ervaring, en ek hou soms skoon my asem op om dit eg te waardeer.

Nagte wat die krag af is, kan dit soms so stil wees, ek kan my verbeel ek hoor die slakke oor die blare gly... Na die besige feestyd is so 'n salige afwesigheid van rumoer ekstra welkom. Ek besef ons het die rustigheid hier so begin "aanvaar" dat ek skoon krapperig raak as daar mense in die pad afstap en hard met mekaar praat. Klank trek dan ook juis ekstra ver hier op die hoogtes en 'n bobbejaan wat anderkant die vlei blaf kan soms klink of hy onder op die boomhuis se stoep sit. Dit het juis amper gebeur onlangs...

Die eerste dag van die jaar het heel rustig begin, tot ons besluit het om 'n paar toue om die boomhuis te gaan knoop om aan te swaai en klouter (vir Luke en Danu en hul kuier-maat - nie ek hoor). Halfpad af met die paadjie storm ons "Afrikanus" hond Goldi met een wilde spoed by my verby, die bos in. Gevolg deur die swart blits van Shadow-wolf en die ander twee honde agterna. Sekondes later is daar 'n gejelp en tjank en 'n geskreeu van bobbejaan kinders. Ek skrik my stert weg, denkende dat die honde onder bobbejaan-aanval is. Ons kuiergaste (wat die vorige aand verseker is dat ons nog nooit probleme ervaar het met aggresiewe "sitbokke" nie), staan eers stomgeslaan op die dek voordat hulle benoud vir die kinders roep om terug te kom. (Maar niemand blyk toe bekommerd te wees oor die ma wat staan en skreeu en fluit soos 'n tannie by 'n rofstoei geveg...) Eensklaps storm my ridder sonder 'n ryperd verby my met 'n laang stok in elke vuis en my geskreeu klink eweskielik na 'n opera aria in vergelyking met wat hy toe kwytraak. Nooit gedink my sag sprekende man kan so brul nie...

Shadow-wolf lok ewe slim die baas-bobbejaan uit die bos en toe hy hom mooi netjies ver van die bos het draai hy eensklaps om en jaag ou haar-jas diep die donker bos in met pels wat orent staan en oranje oe wat flits. Al die dapperheid gee my toe sommer 'n adrenalien skop en ek storm ook al skreeuende die bos in. Maar darem nie te ver nie. Daar moes tog iemand buite die bos wagstaan as een van die trop dalk lus was om in die boomhuis te gaan wegkruip. Meteens raak ek bewus dat daar iemand agter my staan. Braaf en gewapen met 'n vet stok staan Daniel. Bang geen leeue-kuil en ook geen bobbejaan. "I will protect you Mamma" kondig my kleinste ridder aan. 'n Stryk musiek oomblik...

'n Stukkie opwinding om die jaar mee te begin. My teorie is dat die trop ontstel is deur ons buurman se deurnag "trance" musiek, wat teen daai tyd nog steeds aan die gang was. Die diep dreuning is genoeg om enige aap simpel te maak. Die by die party en daar buite...

Hoop maar ons Kaapstad familie kom weer vir ons kuier na dese.

Vandag was ek nog nie lus om ons geelhout Kersboom te ontsier nie - dis altyd so die piek van die anti-klimaks. So dit staan nog met vars herinneringe van 'n eenvoudige maar spesiale Kerstyd langs die boekrak en pryk. More sal ons die sterre en engele en ander blink goete weer terug in hul boksie pak en die boom weer terug in 'n gat in die grond sit sodat die groen gras weer daarom kan groei. (En 'n luis op die veer van die duif in die nes op die tak in die boom in die gat in die grond...ens).

Van nuwe jaars resolusies is daar geen sprake in ons huis. Ek reken om te doen in geloof wat God van my verwag som dit min of meer op vir my. En dan verder kom woorde van Prediker ook nogal tepas... "Daarom, eet jou brood met blydskap. Drink jou wyn met ’n hart vol vreugde. Want God het lankal reeds dit goedgekeur wat jy doen. Leef gelukkig saam met die vrou (of man seker) wat jy liefhet, solank die sinlose lewe aanhou wat God jou onder die son gegee het. Dit kom jou toe in die lewe, onder al jou geswoeg onder die son. Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen, want in die graf waarheen jy op pad is, is daar nie werk of insig, kennis of wysheid nie...." Ek het die versie van wit klere dra en olyf olie op jou kop gooi maar uitgelos. Want wit klere in die berg wildernis werk nie so lekker nie en die olyfolie gooi ek liewer oor die slaai!

Nou ga ik na bed voor ek verder uitrafel. En my beide oogjes willen toe. Hou hoop in Jesus en vreugde in elke nuwe dag met nuwe genade.

Heel veel liefs
Maria

1 Augustus 2014


Op het eerste dag van het maand van warrel-winde, blaas ek 'n stukkie nuus in julle rigting. (Op inspirasie van Snorkie-sus). Ek sit hier en tik met ouderwedste Franse kafee musiek op de draaitafel. Lekker nostalgies. Daniel vra gister of dit Micky Mouse is wat sing en Luke wil weet of dit Afrikaans langwich is... Wat weet 'n drie- en amper vyf-jarige nou van die heerlike bitter-soet verlang wat Edith Piaf, Charles Aznavour, Jacques Brel, Maurice Chevalier ens. mens in kan dompel... Hoe dit ook al sy ek het gedink (ook op aanvraag van bogenoemde) om effens in my brein te gaan grawe vir ons kleuter wyshede in insigte.

Kom ons begin bo. Die hemel. Luke wil met alle mag en krag daarheen en maak seker hy vra soveel moontlik uit, sodat hy mooi weet wat om te verwag. Onlangs moes ons liewe ou Spice-kat laat "slaap" en die prentjie van die hemel waar sy heengaan het so aanloklik geklink dat Luke besluit het hy gaan saam. Geen kat gaan in die hemel baljaar terwyl hy hier op die aarde moet "swaar kry" en vir sy kwaai mama luister en nagmerries te bowe kom ens. Verlede week bring hy vir my 'n speel vliegtuig ('n cool jet nogal) en vra: "Is Jesus coming to fetch us in one of these?" Hy is nogal bekommerd oor die spyskaart in die hemel en vra gereeld wat gaan ons dan nou daar eet? "What does Jesus look like" is ook 'n vraag wat ek gereeld hoor. "Is he a big uncle and does he have a ginger-beard?" (Verwar effens sy pa se gemmer-bier met die stoppels op sy ken).

Nou Daniel se beurt. Hy het erg gesnik toe Spicey moes "weggaan" en het aanhou vra of sy gaan terugkom. Katte-hemel was nou nie 'n plek waar hy wou wees. Hy is gek oor sy kamer, ons houte huis en sy nuwe gemmer kat Robbie (aka Arriejan Robben). Hy wil niks graag die snoesige Inesi agterlaat, en het so tussen die trane gevra of ons dan nou vir altyd moet weggaan van ons huis as ons hemel toe gaan... Lievert. Vanoggend vra ek hom of hy lekker geslaap het en het hy iets gedroom? "No" - antwoord hy direk, "Jesus switched the dreams off. I told it to go away in Jesus name Amen". Oh to have the faith of a child...

Luke het 'n intensiteit wat soms die bedrading in my kop laat smelt en "short". Ons leer saam om deur die vlieende emosies en buie 'n pad te vind wat ons altwee verstaan. As Luke jou 'n "hug" gee word jy gestormloop en (amper) omgespring met hande om jou nek in 'n besitlike "grip". "I give all of me, but I want all of you too" blyk sy motto te wees. Hy dans met oorgawe en verstom my soms met die manier waarmee hy die musiek kan interpreteer. Spring, rol, draai en tol met hande en arms wat swaai en dramatiese gesigsuitdrukkings en voete wat die houtvloere laat kreun en dreun. Maar soms kan hy in 'n totale droomwereld wegraak (veral aan tafel). Dan staar hy met 'n ander-wereldse uitdrukking in sy oe oor my skouer by die venster uit en ek kan hande voor sy gesig fladder en niks gebeur (dalk ok net 'n goeie manier om jou ma te "ignore") Wie weet? Hy het 'n groooot aptyt vir alles. Leer, speel, eet, nuwe mense ontmoet, ens. En die "nuwe mense" swig gewoonlik maar voor die blink-oog se innemende maniere en "charm". Hy "voel" sy pad deur die lewe en weet onmiddelik as iets nie pluis is nie. Onmin tussen mense ontstel hom en hy is meesal liewer die "bemiddellaar" as die bakleier. Hy weet onmiddelik as daar iets "scary" in 'n fliek gaan gebeur en "bad music" laat hom gou die komberse oor sy kop trek. As sy ma mooi en goed is, dan is sy die mees wonderlike wese op aarde, maar o wee, as moeder boos word... Dan is ek "ugly face", bad, bad, bad met stampende voete en 'n frons wat my hoofpyn gee. Hy het aan die ander kant 'n heerlike sin vir humor en kan lekker vir homself lag ok. 'n Dag saam met Luke kan enigiets oplewer, soos 'n rit deur Jhb middestad (destyds) of die weerpatrone in Hogsback. "Anything can happen", maar as mens bereid is om die "ride" saam met hom te geniet, dan word 'n doodgewone dag 'n avontuur van asem intrek, lag, huil en weer lag in minder as 'n minuut se tyd. Sy energie verg energie maar gee ook terug in milde mate. 

Daniel is 'n teddiebeer met die hart van 'n leeu. Om Daniel op jou skoot of in jou arms vas te hou is soos 'n geskenk. Sy kroontjie ruik soos sonskyn, speserye en heuning op warm "toast". Hy streel graag sag oor my wang en plaas fladder soene op my neus. Ek kry gereeld klein daisies by hom uit die tuin wat ek dan in my hare moet sit want "then you look like you going to be married". Hy tel goggas saggies op en loop gemaklik met 'n skoenlapper op sy hand rond. Met hom is daar geen nodigheid vir drama. "The path of least resistance" is waar jy gewoonlik vir Danu sal vind, maar hy weet wel wat hy wil, en skroom nie om jou daarvan te laat weet. Omdat Luke mens soms so kan "opslurp" met sy honger vir alles, moet ek daagliks spasie maak vir Danu en dit is 'n heerlike ontdekking van 'n "gentle soul". Om hom speel 'n tjello met diep en warm note wat Luke se "saxephone" effens tem en demper. Hy glo vas dat hy self die Daniel van die bybel in die vlees is, en weet dat die "lions" hom nooit sal byt nie. Sy ma hoop en bid ook so. Sy weergawe van "Johah and the Big Fish" klink so iets ("Gelees" met die King James bybel in die hand...) "I want to read about the truth in the bible" zeg hy heel ernstig. Okay... En dan met een heel ernstige gesig: "One day God called Johah and he didn't listen, but he ran away and jumped on a big ship. Then there was a beeeeg storm and they threw him off and a whale swallowed him all up! ("On Niniveh" - help professor Luke). He told all the people they must stop being naughty, but it was only the grown up people that were naughty the children were just playing and being good". Genoeg gezegd...

Nou moet ik er vandoor. Meer nuus 'n ander dag. Dis minder koud, maar nog niet warm. Die "pirates" kan weer lekker buite speel en dan het moeder kans om op die stoep te sit en gesels. Maar dit is nou ook tot 'n einde en die ontdekkers is honger en moeg vir "mama that just wants to sit with this silly machine all the time".

Ter afsluiting 'n spesiale eer aan my eie Mamma wat my soveel geleer het terwyl ek gedink het ek weet alles. Wat so geduldig was terwyl ek myself probeer verstaan het, en verstaan het wanner ek so selfsugtig en temperamenteel was. By wie ek nog steeds daagliks leer as my eie kinders my toets en terugvat na tye wat ek gewonder het hoekom my ma so moeg lyk... Ja, ek neem elke stap weer saam met mamma en onthou, en waardeer met 'n diepe waardering, al is dit dalk effens laat. Dit bly die mooiste werk van alle. "And is never done". Tot die dag wanneer ons almal kinders aan Christus se voete gaan wees, in volle oorgawe, sonder sorg en verdriet. Maar intussen is die "messy" wereld van kinders grootmaak vir Sy koninkryk tog wel "bezonder".

Mag julle dae ook "bezonder" wees met Jesus aan die helm. Hoofd omhoogd en hart na bove. (Dankie Ria).

Veeel veel liefs
Maria




10 Junie 2014



Na 'n lang stilte, het ek besluit dis tyd om weer 'n stukkie op die Stoep te sit. Wel goed koud, met 'n genadelose wind wat deur jas en been sny, maar ek is nou mos "tough"... Die skrywe is eintlik vir my Moeder, maar so kan almal darem ook weer bergnuus kry in 'n taal wat deesdae skoon vreemd op my tong voel.

Onlangs het ek wel 'n wonderlike geleentheid gehad om die taal te praat met Pries en Prie wat letterlik uit die bloute op ons dek verskyn het. Dit nogal op huis-skoonmaak dag, met haarself vol roet en soet, wilde hare, pajamabroek wat onder my rokspante uitsteek ens. Julle sien die prentjie? Maar in daardie oomblik het dit ook nie eers saakgemaak. Die smile van genoegdheid sit nou nog op my gesig - dit was so spesiale tyd. Weskus Tuna gebraai, (onder andere) veel gelag, gedeel en gespeel en krokkodille trane geween met die weggaan tyd. Die winter het tot 'n paar dae rus gevat en ons het die salige sonskyn ingedrink van son-op tot die laaste strale agter die berg gaan slaap het.

Sedertien is die winter terug, in alle erns. Soggens is daar ryp oor berg en dal, met ys op die dek en iZuzi se windskerm. Die Inesi-mannekies (en hul Pa) voel die koue nie eintlik en gaan maar aan soos altyd. Net vinniger en sonder ophou. Ek staan altyd verstom oor hoe hulle deur 'n snerpende wind kan hardloop en spring, klippies in die water gooi, met "bikes" teen die helling afjaag al hoppende, klaarblyklik onbewus van die koue. Dit alles terwyl ma voete stamp, arms styf om my lyf, neus in my serp weggesteek, geen behoefte enigsins om te hardloop, nietemin spring. Ek bedink 'n manier om "anti-freeze" in my ruggraat in te spuit, dat dit minder soos 'n lamppaal kan voel.

Dit alles geseg, daar is 'n rou skoonheid aan die berg s'winters. Alles staan meer uit, die strak lyne van blaarlose bome, die skurwe rug van die drie Hogs, ys wat blink en smelt tussen die droe gras. Dit vat soms 'n goeie oortuigingsvermoe om my buite te kry in die weer, maar as daar genoeg lae tussen my en die elemente is, voel dit altyd tog so asof die spinnerakke weggeblaas en alles verfris en verskerp word.

Onlangs op juis so koue winderige dag, gaan die Gladwins vir ons tradisionele Sondagmiddag "drive" en wandeling. Deur die plantasies en om bergpaaie is daar eindelose draaie wat Ryperd sonder moeite navigeer, maar vir ons altyd verassings inhou. My navigasie vermoe is nie so wat wonders, so die weeklikse bergsafaris is altyd spesiaal. Op die gegewe dag was daar 'n skerp wind en die wandeling was nie helemaal so welkom, maar met ryk beloning. Die voetpad strek tussen diep groen heuwels aan die een kant en die denne-woud wat fluister aan die ander. Met die teruggaanslag was my hoed diep oor my oe getrek, en 'n warm bad was in my gedagtes. Maar opeens was daar 'n 'n gekraak en -klap van takke wat breek en uit die stilte van die bos vloog daar die mooiste bok reg voor ons oor die pad. Ek kan nou nog in my geestes-oog sien hoe hy met trotse kop omhoog, lyf en spiere gestrek in die sprong, 'n paar meter voor ons oor die pad verby flits. Dit was so vinnig, die honde op sy stert, maar die prag en vryheid van die oomblik bly my steeds by. Die "damhert" (takbok) se een wye horing was afgebreek, en sy huid van sagte bruin was so naby - dit was 'n geskenk.

Ek het eintlik nog soveel meer om te vertel, maar daar is 'n vuur en twee kinders wat honger is, en dan weer jasse aan vir die weeklikse bybelstudie by 'n vriendin se huis. Dinsdae het ons wiele, so dan kan daar rondgery en "geshop" word ook. More word daar reggemaak vir ons trippie kuslangs Kaapstad toe, so daar is heelwat opwinding op Inesi.

Hopelik sal daar meer gereeld weer 'n bietjie op die Stoep gesels word. Hande word dan en wan warm gemaak om 'n stomende beker gemmertee met heuning en my hart met die rykdom van familie-bande, hier en ver. (Hartsvriende is hierby ingesluit).

Warm groetes en soos altyd heeeel veel liefs
Maria






25 Januarie 2014


Wye plasse water staan bo-op die nuut-gevernisde dek en die mis maak sirkels en draaie oor berg en dal. Nie ideale stoep-sit weer nie, maar salig na 'n goed warm week. Na heerlike familie- en feestyd is die enorme kersboom weer na buite gesleep en lyk heel tuis gepot en gesnoei. Sterre, kerse, engele en blink duifies is in 'n stewel-doos gebere bo-op die kas en kleine Jesus in sy krib slaap nou in die kas tot volgende jaar. Vol moed is die jaar begin, met erf en huis onderhoud wat op die oog af na onbegonne take lyk, maar stap vir stap en hap vir hap word die olifant kleiner.

My hart trek nog steeds saam van verlange na my geliefdes met tye, maar elke dag se eise,
vreugdes en uitdagings laat die dae verby snel. Ons seuns groei soms onder my hande uit, maar dan reik die vlerk maar 'n ent verder en skrop hul weer nader. Deur alles is ek bewus van die skadu en veiligheid van die vlerke van ons Heer en Herder. Tasbaar, sigbaar in alles, oor alles.

Soms voel my horison so beperk, gefokus op die behoeftes en droeftes van my familie. Maar dan "slaan ek my oe op na die berge" en dan word alles weer wyd en groots. Met my nuwe stewels wankel my voete ok nie meer oor die hobbels en knobbels en na 'n lang tyd van lekker lui wees word bene en enkels weer sterker en asems weer langer. Soms moet ons mekaar die heuwels uitsing met aanmoediging van een opdraende na die volgende, met rus en lafenis in elke koeltekolletjie, maar so kom ons tog weer tuis. Swemlesse in die twee hotelle se swembaddens is nog 'n nuwe ervaring en so tussen slukke chloorwater sal die paddavissies se vinne/finne(?) hopelik groei.

Saterdae droom ek steeds soggens van vars goue brode en word dan wakker met die reuk in die lug en die smaak agter op my tong. Maar dan onthou ek dis nou vir eers nie meer deel van ons lewens. Dit was 'n wonderlike voorreg om vir so veel jare nooit 'n "winkelbrood" te koop, maar dag na dag die egtheid van geurige suurdeeg brode te geniet. Maar met 'n nuwe vryheid en meer tyd vir saamwees, 'n wyer begroting meer slaap en nuwe uitdagings vir die bakker, bly die lewe 'n lied.

Hy maak inderdaad alles nuut. Ons stap 'n nuwe fase binne, soms voel ek hoe die eens geknipte vlerke weer groei en dan hardloop ek met malle oorgawe en spring in die lug met die oortuiging dat die wind my sal lig en drae. Maar ai, dan kom die minder grasieuse landing en 'n sobere besef dat verbeeldings-vlugte maar genoeg sal moet wees vir nou - maar ek mag seker so effens oefen soms of hoe!

Heeeel veel liefs vir ieder en al van ons aan julle en van my aan jou wat nou hierdie brief lees.

Mis julle!
Doeeg vir eers
Maria


15 November 2013



Goeie aarde, dis ligjare gelede wat ek ge-stoep het. Maar ek vee die spinnerakke weg, prut 'n bakje koffie en sit 'n wyle en klets. Dit voel soos gister wat ons in Pertoria was, so vinnig het dit gekom en gegaan. Nog soveel ander lieves wat ons nie eers gesien het, maar dit was 'n ryk en wonderlike tyd. Daar is weer spasie in my hart gemaak vir herinneringe, elke gesig ge-ets met 'n bitter-soet onthou.

Die lewe gaan voort, sommige dae rustig en salig en ander op en af in 'n malle besigheid. Die Gladdewyn jongens het nou 'n kamer van hul eie. Moeder mis nog al die asems en snorkies snags, maar raak stadig maar seker gewoond aan die nuwe vryheid en spasie. Ons kan rondomtalie in ons kamer met die ekstra beddens en dinge weg en ek hoef nie meer snags my pad na die loo met 'n selfoonlig soek.

Dit sous konkas vol - watertenke loop oor en die krag dip en flikker voorbodend. Hoop maar dit hou en dat daar nie weer 'n boom oor 'n kragdraad gaan neerslaan of iets. Niks is onmoontlik - behalve na bove vallen... Dit is veral vanpas hier in die gebergtes. Dinsdag het ons by die buurman in die water gaan plons, Woensdag gesnak na ons asems tussen die tuinwerk deur, en tans sit ons by die vuur terwyl die temperatuur saam met die krag dip. Die bakker bou brood in die boulangerie (deftige Franse woord vir bakkery) terwyl ek sit en nonsens praat. Is mos reg so - die bakker en die skinnerker. Niks in hierdie houtehuis om te skink in elk geval... Die kinders laat ons dit nie toe - nuwe generasie geheel ont-ouers.

Dink die water het in my brein begin inlek - kom ek probeer iets sinvol kwytraak Vandag, 15 November is die 319de dag van die jaar. Daar is 46 dae oor voor die einde van die jaar. Op dieselfde dag in 1849 is die eerste pluimvee-skou gehou in Boston - eg waar, google dit maar. Van die dag het hoenders selfbeeld probleme begin kry en pik vandag nog steeds verward rond in vrees dat hulle nie "goed genoeg" gaan wees.

Dis weer tyd vir die "Lord of the Chainrings" fietsresies - die arme ryers moet seker modderskerms aan hulle fietse vasskroef in al die nattigheid. 'n Goeie ou swart dikwiel soos Pa op 'n stadium gehad het met knobblies op sal goed gewerk het dink ek. Luke se groen plastiek bike is afgetree, en hy ry ewe trots op 'n "grown-up" ge-erfde fiets met leerder-wieletjies aan. Een van die dae soek hulle bromperde en dan kom daar 'n muisie agter-op en dan is ma vir altyd vergete. Waaaaah! Morevroeg begin ek waarsku teen die vroue-geslag. Behalwe ma - natuurlik.

Nou ja, gelukkig nog 'n paar jaar om myself sielkundig voor te berei. Intussen is elke dag 'n avontuur. Ons leer en lag en baklei soms erg. Maar as die oogwimpers sag op hul wange le en 'n simfonie van snorke weergalm deur Inesi se kamers, dan tel ek my seeninge en prys die Here vir sy goedheid.


Mooie naweek vir ieder en elk
Vele liefdes
Maria



Vrydag, 27 September 2013

Die wind waai die dae verby en ek kyk verstom na die datum. Dit was dan net nou-die-dag wat ons om die Kersboom gesit en sing het... Maar hoe ook al, die kleines se arms, bene en stories word langer en die dae ook. Die son laat die gordyne al hoe vroeer gloei en al is die aarde droog, staan alles in nuut groen in afwagting vir die reen. Snags en vroegoggend het nog 'n byt in die lug, maar dit is maar soos dit is hier bo en die vuurhoute is nooit ver vir onverwagte koue klapse.

Die Hogsback Lente-fees is agter die rug met 'n koue winderige Saterdag en 'n salige Sondag tussen die bome met plaaslike kuns wat in die sonlig pronk. Warm harte na 'n dag van familie-saamwees op "Erfenis" dag. Ek was nogal getempteer om die berg met klompe aan te durf, maar ek reken ek sou 'n glyende grap in stede van 'n dapper dame gewees het, so die "Rockies" moes maar doen. Izuzi is in vir finale herstelwerk so die Gladworms is "te voet" tans. Die bakker loop flink na werk en terug en dis goed om te besef mens kan vir 'n wyle klaarkom sonder wiele.

Ons bring die dae deur in relatiewe vreugde en vrede, met moeder wat maar soms haar stem moet dik maak en knapies wat al hoe meer avontuurlustig en selfstandig wil wees. Ek staan steeds verstom oor hoe "oop" en ontvanklik hulle is en gretig om alles met "joy de vivre" aan te pak. Wel alles behalwe opruim en stil sit...

Die Lilliput fabriek(ie) bly aan die gang (foto's op Facebook) en die twee junior ontwerpers is in hulle skik met die mees onlangse skeppings. Lilliput "great outdoors for boys". Op 'n dag sal daar seker weer geleentheid wees om die mosaiek knipper op te tel... Intussen mosaiek ons maar met fleece en naald en borduurgare.

Met 'n familiebesoek in die nabye toekoms (jippie!) en harte wat uitsien en verlang, besef ons ook dat ons geseen is met 'n kosbare "bergfamilie". Bande word diep gesmee in 'n groeiende gedeelde liefde vir Christus. Saam sing en prys ons, deel en leer ons, bid en soms huil ons. Maar beste van alles - lag ons. In die wete dat die liefde wat ons saambind, niks of niemand van die hoogste hemelruim tot die diepste donker see ons ooit kan vervreem. In dankbaarheid dat die lewe wat in ewigheid gekoop is, met 'n prys wat niemand ooit sal kan pyl, vir ons wag. Intussen kan ons elke dag in dank en vreugde deurbring vir die onpylbare liefde en ewige vrydheid.

Mag die liefde ook deel wees van julle dae tot weer siens!



16 Augustus 2013



Die winterson sit skuins in 'n vaag-blou lug. Na 'n nag van reen, glinster alles en die wereld is vars en nuut. In die veld is daar vroee bloeisels en orals begin bome bot en wakker word. Maar ons weet die winter kan nog 'n na-draai of twee maak en die wind sny soms nog reg deur jas en been.

'n Vriend kom wys sy nuwe "puppy" en kinders en honde rol in die gras rond met volle oorgawe. Dit gloei en knetter binne-in die brood-oond en dis goed om die bakker tuis te he.

Tussen al die uitbundigheid le daar 'n klip erens op my gemoed. Soggens maak ek tyd om op die liewe Facebook te gaan loer. Vir 'n oomblik voel mens asof jy tog verbind is met die wat ver en lief is, al is dit nou net deur 'n "like" 'n "comment" of  tot 'n foto as jy gelukkig is. Soms is daar 'n ligpunt wat sterk uitstaan, maar meer gereeld lees ek 'n honger of 'n soeke of wat 'n mens dit ook al kan noem so tussen die lyne. Ons werklikheid is sekerlik heel anders "hier bo", maar dit is ver van perfek.  Dit maak die hartseer slegs dieper. Ek besef dat in my menswees ek dinge met die mees suiwer Goddelike waarheid kan probeer beredeneer, maar slegs Christus kan mense se harte verander. So dalk is dit goed as ek soms voel asof die besige wereld tussen haat en hebsug ingesluk word, dalk sal dit my meer na my eie kniee bring, in stede van om op die berg te staan en sug en vinger wys.


Nou ja, die swarigheid ingesluk - die son skyn vrolik deur my vuilerige venster en dit is salig stil in ons houtehuis. Die bakker en sy rakkers het vir 'n "dwive" gegaan so tussen die bak bedrywigheid kan ek heerlik asem-skep met 'n warm koppie tee. Ek weet dit is van korte duur so elke minuut word geniet.

Met Luke se verjaardag agter die rug, is ons reg in die middel van Augustus - vol winde en streke. Maar dan waai die wind in elk geval heeljaar deur hier teen die heuwel, nou dalk net effe meer. Die middag is deugebring in die vallei by die Xhosa backpackers Elundini tussen liewe mense en was vrolik en prettig. Moeilik om te glo die klein blink-oog bondeltjie mens is nou al vier, met die "wysheid" van veertig soms... Die vrae word al hoe meer ingewikkeld en varieer van "Mamma, why do men walk with bubbles on their heads on the moon?" tot "Mamma, does Jesus live in a soldiers' heart?" Help! En as ek dan tien minute vat om te verduidelik van suurstof en swaartekrag dan kom die teenvraag: "But why does Buzz Lightyear (Toy Story) not take his bubble off, he doesn't live on the moon"... Daniel gesels te lekker maar sy vrae is darem nog nie te kompleks, hy wil net weet wat almal se name is, so ek hoef nie te "Google" vir 'n antwoord.



Ek maak nog "fleece" jassies dat dit klap en my twee junior ontwerpers is vol idees en inspirasie. Die laaste twee is saam met 'n vriendin na Bavaria, Duitsland en ons hoop maar dit bevredig die Bavariane se standaarde. Luke wil 'n landskap op elke skepping sien, maar is darem altyd vol komplimente vir die eindresultaat. Danu vra net altyd "Is this one for me?" en wonder dan waarheen al die jassies dan verdwyn...

Maar nou hoor ek honde hyg en en kinderstemme in die verte, so my stilte-"bubble" is iets van die verlede. Mag julle 'n rustige naweek en goeie week met die Here se nabyheid ervaar. Veel liefs van die wilde winderige heuwel huis en al die muise.


12 Julie 2013


Vrydagaand - mense sug en smile. Dis naweek. Tyd vir braaivure en biere. Op Inesi brand daar ook 'n vuur. Maar die vuur gloei binne 'n bakoond en die bakker knie en swoeg terwyl die donkerte die aarde insluk. Ons eet pannekoek en kyk Bug's Bunny... Luke se hero. Daniel is 'n Pooh bear fan. Daar het jy sommer 'n karakter skets van albei ok.

Die weer doen vreemde dinge. In die hart van die winter het ons salige sonnige dae en aande waar die vuur nie eers nodig is nie. Tussen-in is daar meteens 'n dag van ys en reen en ons barometers skiet op en af met 'n spoed. More is weer mark-dag, waar kinders en honde met dieselfde uitbundigheid rondhol en die mense tafels opslaan onder 'n wye eike-boom. Die molle en miere kruip uit hulle gate en mense kom bymekaar om uit te ruil (meesal nuus) en te deel. Kuiermense vra vreemde vrae en ons glimlag en antwoord maar geduldig. Dis seker maar oraait as mense die indruk kry dat berglewe idilies is en ons almal op vakansie-wolkies rondsweef die hele tyd. Ander se boeke bly maar altyd duister in ieder geval. As hulle 'n tyd bly en "saam lees" sal hulle gou besef dat die uitdagings hier net so fel is soos elders, net met 'n ander aanslag.


Verder is Lilliput's Kids nog besig en 'n rou middelvinger kry darem uiteindelik 'n eelt op. Vier kleurvolle poncho's is "en route" na P-town en ek hoop die kleine meidjes sal gelukkig wees daarmee. Die dae vlieg en die een blonde kop ryk al verby my heup. Soms is ek lus om 'n baksteen op altwee se koppe vas te maak dat hulle net so effe langer "klein" en lief kan bly... Maar dat kan niet, so ek geniet maar elke oomblik van onskuld en saam ontdek, die boompies buig en ervaar deur nuwe oe. Oneindige vrae, teenkanting, brom en skop is ok maar deel van die hoofstuk, maar dis darem nie te erg.

Ek tel nie meer grys hare en kyk liewer by die venster uit as in die spieel. Die goed lieg in elk geval... Die berglug is goed vir ons en almal is rond en gesond. Behalwe die bakker - hy bly so lenig soos 'n bergbok. Omring met soveel wonder en Almag skuif die fokus genadiglik en daar is aanvaarding. Wonderlik om te dink dat 'n siel nie "oud" word nie. Niemand kan "nip and tuck" daaraan, dit benodig geen "pacemaker" of operasies. Veilig in die Skepper se hand kan niks of niemand daaraan karring.

"Hoegenaamd niks daarbo of onder in die dieptes of elders in die skepping sal ons ooit kan skei van die liefde wat God in Christus Jesus ons Here vir ons het nie" (Romeine 8:39).

Ek hoop dat die waarheid ook in julle harte en siele sal vastrap-plek kry, en ons elke dag mag leef met die wonder daarvan as 'n salige waarheid en helder lig deur die donker tonnels.

Veeel liefs
Die Gloeiwurms



21 Junie 2013



Die kortste dag van die jaar amper verby en dan klim ons weer die "berg" terug na warmer dae en meer sonskyn-ure. Wat 'n salige vooruitsig. Maar vir nou, bou ons nog vure, draai ons-self toe in jasse en braaf die koue gestewel en gemus. Die laaste week was die son ons goedgesind en die dassies kon bak en gemoedens gelig word. 

Gistere het die hill-billies die berg afgesyker na 'n plek genaamd Elundini, 'n hawe tussen die Amathola heuwels. Xhosa hutte, vrolike kinders, en 'n horison so wyd soos die Here se liefde. Daar het die dassies 'n middag deurgebring tussen mooie mense, gasvryheid sonder grille en frille en pret op 'n eindelose sokker-veld. Ons is bederf met 'n pot-koek (aarde dit klink sleg in Afrikaans). Soos pot-brood, maar soet... en koffie-kapitaal. Nuwe vriendskappe is gesmee, oues bevestig en ons het weggery met die goud van 'n laatmiddag son in die truspieel en warm harte.

Verder hou almal asem op vir die winter sneeu. Wanneer dit voorspel word, sak die massas op die berg toe met groot kameras en verwagtinge. Dan gebeur daar niks en hulle is vir ons vies! O jammer mevrou, die sneeumasjien is gebreek of die aansoek is seker nie betyds ingedien en wag nog vir goedkeuring... Mens wil soms simpel antwoorde gee as mense heel verontwaard vra: "Why didn't it snow?", maar dan byt jy maar jou tong en mompel 'n "Sorry, maybe next time".


Ons het gemengde gevoelens oor die sneeu, soos met vele dinge op die liewe ou berg. Dit is sowaarlik lieflik en groots en mens voel vreemd rustig as die sneeu-vlokke geruisloos op die aarde neerdaal. Daar is die pret van sneeu-speel en die vreugde van deur 'n winter wonderland ry of stap. Maar o wee, dan kom die son, die smelt, diepe koue en die moeder van alle modders... Meteen is die wonder 'n vae herinnering en alles gly en val en takke en bome breek en male sonder tal (?) word die kraglyne gebreek en die stille donker sak toe. Maar dan haal ons die lanterns en kerse uit en wees dankbaar vir gas en vuur en vrede.

Tans is daar geen sprake van sneeu. Nagte is laank en koud, maar oggende vars en lieflik in die dou en ryp. Die bakker knie en vorm die brode vir die oggend se bak Die laaste sonstrale verf die lug pienk en die berge blou-pers. Ons luister na Camille Saint-Sains se tjello-swaan en die lewe is mooi. Twee blonde leeu-welpies brul vir mekaar so tussen die swane-gesang deur, maar ma het 'n filter waardeur dit ver weg en vaag word as ek nie lus is om dit te hoor... Luke vra: "Mama, why are we listening to sleepy-music?". Lieve dier, hier kom 'n area uit Bizet se Carmen, vol vuur en passie.

Die Skepper het ons in sy gelykenis gemaak. Deur Hom ook in staat om te skep. Hemelse musiek, meestervolle kuns en soveel meer. Agter my rug spring en dans twee kabouters op die maat van "Hava Nagila"  en my hart dans saam  - "Let us rejoice"!

Doeg voor eers
Heel veel liefs
Maria



2 Junie 2013





'n Naweek van kontraste. Na die "drukte" van bak, mark, honde-moles ens. was daar 'n paar ure van rus met 'n paar "onderliggende steuringe". Rondloper-tewe en hormoon/feromoon-mal honde op die berg, toets almal se geduld en "toleransie" en ons eie honde verskyn en verdwyn dan soos die obsessie hulle ok beetkry. 

Tweedens was dit 'n naweek van vuur-angs, aangehits deur woeste winde en wilde gerugte. Na 'n Sondag-maal by die buurman was daar was 'n salige rustigheid is ons huis laatmiddag, ten spyte van die dreuning van helikopters, selfoon waarskuwings en rook ooral op die horison. Vanaf die dek was dit duidelik dat mense se beste pogings so klein en nikseggend blyk teen so 'n bedryging. Hoed-af aan brawe vuurvegters wat ten spyte van totale uitputting en hitte nie moed opgee. Ek het begin wonder of daar dalk iets fout is met ons dat ons nie begin tasse pak het en paniekbevange was. Gebede is telkens geprewel en daar was prys en dank musiek in die lug. In die laaste uur tussen lig en duister, hoor ons toe die eerste druppels val. Uit die hemele kom die bevel vir wind om stil te word en dit gaan le soos 'n gehoorsame dier.

Vanoggend blyk dinge min of meer onder beheer te wees, alhoewel die vuur-gevaar nog in "code orange" is. Lang dun ys-vingers gly in onder die deure, en ek is dankbaar dat ek vir eers binne mag bly waar die vuur brand en die koffie prut. Die Inesi troebadoers speel vir my kitaar en sing uit volle bors van skoenlappers en "choppa-planes" en pasta... Dan word die kitaar op sy bodem neergesit en dit word 'n "dubbanaise" (dubble-base). Soms verlang ek na volwasse geselskap, maar as mense begin skinner en "strooi" praat, dan verlang ek weer na die onskuldige lawaai!

Die rekenaar praat nog nie terug, so nou filter ek vir eers die "lawaai" uit en gesels met die ver-gestrooides. Ek onthou met 'n glimlag hoe my ma heel rustig kon staan en aartappels skil  en dan meteens sonder om om te draai, "sien" wat ons agter haar rug aanvang. Ek verstaan nou dat mens veel meer kan "sien" as wat jy besef. Slim en stout-streke gaan gewoonlik gepaard met fluister of 'n verlengde tydperk wat "mamma" glad nie genoem of benodig word nie. Soos wanner jy wakker word in die nag en weet iets het jou wakker gemaak, maar jy weet nie mooi wat nie. Ongewone geluide of die afwesigheid van gewone geluide, die "gevoel" dat goed wat op die grond hoort deur die lug vlieg, 'n kat of hond wat verward wegvlug, 'n tipe giggel ens. Maar dit bly steeds 'n troefkaart om te kan se: "Ma het oe in haar agterkop"...


Mens hoor ok meer as jy nie kyk nie. Dan word die jongere onderrig en nuwe woorde geleer. Sopas hoor ek vir Luke iets uitwys in 'n boek wat hy "voorlees": "Look Daniel, here they are making a big gamog". Ek lei af dit is iets tussen "gemors" en "amok".

Verder tel ons die dae af na die korste dag en die langste dag wat die klim terug na lente inlei. Winter reken nou-wel met vlooie en luise, en na vyf jaar kom aanvaarding saam met aanpassing, maar eish, die koue is nie my lyf se gunsteling! Soms dink ek die berg-koue is nie so intens soos die Gauteng winters, maar dis seker maar net omdat ek minder buite hoef te wees en ons 'n kompakte snoes houthuis het wat die hitte heerlik binne hou.

Ek lees Corrie ten Boom se "A Prisoner, and yet..." waarin sy vertel van die rou aakligheid van Duitse konsentrasie-kampe vir vrouens. Vier uur soggens is hulle uitgejaag in die sneeu, met dun klere en stukkende skoene in die ys en sneeu. Vir ure en ure moes derduisende vrouens op aandag staan terwyl hul nommers uitgeskreeu word en die siekes tussen hulle vlou word van blootstelling en uitputting. Daarna is die dae gevul met harde arbeid in die genadelose koue ens. ens. In die kern van soveel lyding, dierlike wreedheid en desperaatheid kon die vrouens dit steeds regkry om te skyn met hoop en ander aan te moedig met dieselfde boodskap van hoop. Hoop en sekerheid in die liefde van Christus, en die wete, dat hoe fel hulle leiding ook al mog wees, dit nooit kon vergelyk met die diepte van Sy leiding vir elkeen van ons. 

Mag daar warmte en 'n gesonde dosis liefde in julle dae en harte wees. Daarmee kan mens ver kom. En as daar koue en seer is, mag daar 'n Groter Liefde wees wat deur ons in die wereld inskyn wat so honger is daarvoor.

Mis julle "beeeg-time"
Maria

10 Mei 2013







Vreemd die dinge waarmee bergbewoners hulself besig hou. Ons is vuurstigters van formaat. Eerstens vir warm bly, om stapels indringer plante, tuin- en huisvullis te laat verdwyn, water warm te maak, kos te kook, brood te bak! 'n Vriendin droog hout uit voor haar kombuis-vuur, waarna sy dit op haar draaibank in iets tydloos en funksioneel omskep. Voor hul vuur in die sitkamer staan haar spinwiel, waarmee sy rou skaapwol in sagte bolle suiwer bry-wol omskep terwyl druppels lanolien in die lig van die vlamme dans. Die wol word dan met die hand gekleur en in die bakker se afgekoelde brood-oond geset. Daar is al tot met vuur gedans, maar dis net vir die ekstra-malles... Braaivure is nie so hoog op die prioriteitslys, nie seker waarom, maar in ons huis gaan 'n pot lensie-bredie heelwat verder as 'n paar tjops of hondervlerke. Mense hou wel van sing of musiek maak om die vuur - dis maar seker 'n tydlose ding.

'n Ander vriendin in die pad af maak vuur onder haar donkie (moenie die DBV kontak nie asb, dis 'n ding waarin mens badwater verhit as jy nie 'n "geeezer" het nie). Dit word dan gelei na 'n opelug bad tussen die bome waar sy haarself onder die sterre verskoon. 'n Ouer vriend smee die vlymskerp yster-lemme van sy handgemaakte messe in die vuurwarm vlamme. Ons pottebakker bure maak vuur in 'n gat in die grond vir 'n spesiale "Raku" effek in die glasuur van sy potte. Die lys is seker nog nie uitgeput, maar my brein wel.

Gelukkig word dieselfde vuurstigters ook in 'n oogwink berugte vuur-vegters as die nood druk. Hier is geen sprake van 'n blink rooi trok met helde in vuurvaste klere en hoe-druk water-strome. Met 'n lap oor die neus en mond, 'n graaf en sak in die hand en 'n water-sleepwa op bystand, staan oud en jonk skouer teen skouer om die vlamme te tem. Die berg se meer gespesialiseerde toerusting het die munisipaliteit oorgevat met die belofte dat dit vir almal se voordeel gebruik sal word. Kom ons los dit maar daarby...

Om fiks te bly word die berge en bosse deurgestap, getrap of op die rug van 'n perd verken. Haai ja, daar is darem 'n "gym" in 'n donker sinkgebou waar van die jong manne spiere op-pof. Die oueres kom in die hotel se biljart-kamer bymekaar om spiere te rek en (durf ik het zegge) stories uit te ruil? Weet nie, was nog nie daar nie. My persoonlike fiksheidsprogram bestaan uit daaglikse lae-graadse luiperd kruip om speelgoed op te tel en 'n weeklikse woud-kruip om kabouter-huise te vind ens. Die Hogsbackers is kranige tuinmakers, 'n toer deur Hogsback se tuine is 'n jaar se fliek werd. 

Daar is seker nog veel wat ek oor kan uitwyk maar dis al waarvoor daar nou tyd is. Die berg-gespuis (ja dit sluit ons in) is 'n kreatiewe, eksentrieke lot, wat mens kan toets met hulle sterk opinies en geneigdheid om in mekaar se jas-sakke te wil inklim. Maar jy moet hulle "ken" om vir hulle lief te word, met God se genade en insig - meer en meer elke dag.

Kom kuier - dan stel ek julle voor aan 'n paar...

Heeeeel veel liefs
Meraai



19 April 2013


Dag weer ieder en al,

Die Stoep is weereens kletsnat en yskoud, so ons sit maar by die vuur met 'n glasie port of wat? Die grysheid buite wil in my kop klim, maar ek jaag dit weg en gesels maar 'n stukkie met my geliefdes terwyl die apies slaap. Dag nommer twee in die mis en die plante en veld juig, en 'n deel van my ook, maar my lyf mis die son...

Heel pertinent het ons die laaste paar dae saam met Luke en Danu die storie van Noag in die kinderbybel bekyk. Snaaks hoe die hele ding my nou eers voor die kop slaan, nou ek dit aan hulle probeer verduidelik. Plaas jouself in Noag se skoene. Die mensdom is wild en gee hulleself oor aan alles wat bar en aaklig is. In die middel van alles, staan jy vas en leef reg. Dan hoor jy direk van die Hemel dat jy een enorme boot moet bou, op droe grond ver van die see in semi-woestyn omgewing. Maar jy is gehoorsaam so jy bou, jou ledemate begin al styf word van ouderdom en jou seuns en hulle families swoeg saam. Daagliks hang mense rond, spottend en laggend tot vervelens toe. Maar jy bou, en asof dit nie erg genoeg is nie - die volgende opdrag kom om die enorme boot met twee van elke dier op aarde te laai. Dink aan die logistiek daarvan! En kos, water ens. vir elkeen van die gediertes en jou familie en, en en... Alles gedaan, die mense teen hierdie tyd oortuig dat jy totaal van jou sinne beroof is, klim jy en familie aan boord en seel die deure. O my tyd, en daar gebeur net mooi niks. Vir sewe dae lank sit julle in die enorme "ark" op droeer as droog grond. Dit ruik sekerlik ok nie meer so vars in die hout dieretuin nie... Jy dink en bid by jouself, Ag Liewe Here asseblief, laat my tog net nie weer uit hierdie ding hoef te klim voor daai gespuis daarbuite.

Maar ek maak nou maar 'n prent in my kop. Noag was sekerlik nie soos Maria. Hy het tien teen een rotsvas in sy geloof by staan, sonder 'n oomblik van twyfel. Maar in ieder geval, dank Vader, na 'n week begin die reen val. En val en val en val en......... Maar dit bring jou ook geen plesier. Dink aan die chaos buite die boot. Mense wat skreeu, soebat, krap en hamer aan die boot soos die watervlak rys. Massas wat in die vloed verdrink, die kroon van God se skepping, een vir een sinkende in hul elende. Ek dink nie dit het Noag enige plesier verskaf dat hy en sy familie alleen gespaar is. Noag se vrou moes maar vertrou dat haar man reg gehoor het en vir veertig dae lank saam met haar man en kinders die "dieretuin" voer en versorg. Pheew... Die res van die storie ken ons almal, maar die mooiste mooi is uiteindelik die helder boog van God se belofte in die blou lug. Toe weet Noag verseker (en ons nog steeds), God se liefde en genade het hom nie gefaal en daar sou nooit weer so 'n waterstraf van Sy hand wees. (Ons "skip" maar oor die deel waar hy goed dronk word en in sy Adams-gewaad rond-spring - mens kan die arme man omtrent nie kwalik neem).

Hoe dit ook al sy, so leer Meraai elke dag iets nuuts van en deur my kleine leermeesters. Ons word gereeld "berispe" deur Luke as ons stry kry oor iets. Dan steek hy sy hande heel dramaties in die lug en se "No more talking please, Mamma talk nicely to my Dadda (of anders-om). Kinders maak besonder goeie huweliks-beraders. Hulle kan onmiddelik optel as alles nie pluis is. Hulle hou ons voor stok en dan moet ons bieg en om verskoning vra. Moelik om te stry en baklei as 'n drie-jarige kliphard probeer die vrede bewaar. Danu steek net sy vingers in sy ore of staar met groot oe na die rumoer.

So met baaaaie genade vaar die Inesi ark deur die storms, binne en buite. Ons leef goed, voel onsself ryk en bevoorreg. Die mis sal ok weer lig, en ons is omring van mense wat nog nooit 'n stomende bad of 'n warm huis ervaar het. Net so entjie in die pad af het ek eendag iets gesien wat my nogal bybly. Ek was op pad terug van die "dorp" in die sneeu wat dik le en oral om my die wereld wit maak. Voor 'n piepklein huisie staan ons "bure" in die sneeu, die wasgoed styf ge-ys aan die draad, hulle hande uitgestrek oor 'n konga-vuur. Soos ek verby gly, waai hulle en smile van oor tot oor. Eeish... 

Nou ja - nou gaa ik er voor eerst vandoor, daar hang twee kleine lyfies aan my bene en die vuur is honger. Cheers en dankie vir die "chat".

Veel, veel liefs
Maya-maria



12 April 2013



Salige sonskyn - wat sal ons tog daarsonder doen? Tyd afknyp vir een koppie tee, oorskiet verjaardagkoek en 'n stukkie "Stoep" sit. Hoog tyd ok. Daar is Daniel ook al twee jarens oud - en die gevreesde "two's" is eintlik niet zo erg. 'n Ekstra streek eiewilligheid, meer diep asemhaal van my kant, maar verder nog net so lief soos altyd. Gister was daar vrolike linte deur die hele sitkamer gespan en aan die einde van die dag was die "ouders" se ruggens skoon moeg van al die koes en buk. Vanoggend sit die apies weer hoog in die takke en hulle vrolike stemme drae oor die dun winterlug na waar ek sit. Gister het die Bakker broodlesse gegee aan 'n groep van 12 skoolmeisies. 'n Paar was meer oorgekolf deur Luke se "charms", maar lekker om te weet dat die nuwe generasie darem nog geinteresseerd is in egte "lifeskills". Met opgewonde giggels en bruin "kardoese" vol warm brood is hulle weer oor die leer terug na die buurman se "Khaya".

Die vorige broodles-ekspedisie was ook suksesvol en ons het 'n heerlike naweek by "The Shire" in Stutterheim deurgebring. Ons huis vir die naweek was aan die ingang van 'n inheemse woud, met paadjies en bruggens en die salige geur van mos oral oor. Een van die paadjies het tot gelei na 'n warm stort - in die bosse! Die ontwerp is oorspronklik en vars en ons het ons verwonder aan die wonderlike kombinasie van prakties en "magic". Jan Kooi meets Alice in Wonderland...

Verder bly die Lilliput fabriek(ie) nog besig en tussen gebreekte naalde en gekoekte drade kom ek darem nog die bult uit.

Tans is die winter se koue vingers oral besig. Blare waai rond en kaggels brand wyd en ver. Vroegdag is donker en die eerste ryp val in die oop veld. Die arme tamaties het nog nie eers kans gehad om ryp te word nie en hang swaar en groen tussen die blare. Hopelik kom daar nog 'n laat warmte wat hulle sal help bloos - anders moet ons maar 'n ander plan sien.

Vanoggend toe ek met bewende bene hoog tussen die takke staan en met Danu se lyf styf en vol vertroue teen myne, dink ek eweskielik. Dalk is dit maar wat die Here van my verwag. Ek voel nie self altyd "sterk" genoeg om met geloof die volgende stap te neem. Maar Hy is sterk genoeg, en ek kan maar net vashou en vertrou.

Warm groete aan ieder en al
Maria


15 Maart 2013


Die berge is vaag teen 'n deinserige lug afgemerk en bolle rook rol uit die bakker se brood-oond. Sonstrale skyn vel en die dek nat en glad van water-kaskenades. Vir 'n slag is dit nogal droog oral en die veld is dors. Ons is al so gewoond aan matig, koel en koud dat warm skoon vreemd voel. My asem jaag in die hitte en die grond brand onder my bergvoete. Die bakker staan braaf en voer 'n honger vuur, zwarte soet op sy baard en hande. Die honde le lang en lui in op die koel aarde onder die huis. In die verte kraai 'n hoender wat verslaap het en dan is dit weer stil.

Daar is soveel om te deel, maar so min wat regtig "gebeur" in 'n bergdorpie, dat die kleinste rumoer groot nuus word. Markdag zoem dit gereeld van "have you heard" stories oor bergmense se doen en late - tot vervelens toe soms. Maar dan is daar gelukkig altyd 'n gees van samehorigheid en alhoewel mense graag skinner, help almal mekaar net so vinnig en niemand van "af" die berg durf 'n skewe woord oor onze Hogsback uiter. Dan staan almal soos een lyf en verdedig met al wat hulle het. Die ironie van kuddes, skop mekaar bont en blou, maar duld geen buite-"dier" om "jou soort" te bedryg. Ek dink nogal graag dat die gemeenskap maar is soos ek graag mosaiek maak - iets van alles, met kleure wat soms bots en puntjies wat uitstaan en krap, maar as 'n geheel tog "a thing of beauty".

'n Paar "Lilliput" goet
"Lilliput Kidz Tings" het 'n kleine begin gemaak, en ek het darem al een fluweel manteltjie verkoop. Lekker om te dink daar gaan erens 'n kleine meidje rondloop met 'n stukkie van my om haar skouers. Tans is daar 'n rooikappie mantel onder die naald met 'n skoenlapper op die rug en 'n dwerg sampioen op die skouer. Dit gebeur maar so stuk vir stuk soos die twee kleine meesters my "afgee".

Sondagmiddag mik die Gloeiwurms vir Stutterheim waar die bakker "broodlesse" gaan gee by 'n gastehuis terwyl ons twee daggies wegbreek van die bergroetine. Die dorp is vernoem na Baron Richard Carl Gustav Ludwig Wilhelm Julius von Stutterheim! Arme man - dink as hy moes sy naam oor 'n toonbank sou moes gee in die nuwe Zud-Afrika... Grotendeels 'n bosbou hart teenaan die Kologha berge, kan beskryf word as "scenic" en het sekerlik veel om te ontdek as mens nuuskierig genoeg is!

En van nuuskierig kan mens Luke en Danu niks vertelle. Hulle suig alles op soos twee see-sponse en wil van alles en almal alles weet. Elke dag is vol kleur en pret, met 'n donker wolk hier en daar, maar die son skyn gou weer. 'n Stukkie Lukish filosofie: I dont like sin, and I don't do sin. Sin makes God sad... Dan gooi Danu sy hande in die lug en sing "Liddel boyz to Him belong, Dey are weak but He is strrrrong!"

2 Kor 12:10:  Daarom het ek behae in swakhede, in mishandelinge, in node, in vervolginge, in benoudhede, om Christus wil. 

Want as ek swak is, dan is ek sterk.



4 Maart 2013


'n Naweek van sonskyn en soete samesyn kom tot 'n einde. Om die dag van rus af te sluit was die wyer bergfamilie vir 'n klouter tussen die rotse. Met geboee hoofde en die laaste sonstrale warm op my rug het die dag stil geword. Vanoggend kyk ek weer met 'n glimlag vir die twee kaalgat apies in die verte, met net hul rooi en blou "gumboots" aan tussen die buurman se perde. Die perde snuffel gretig aan ma se handsak oor Luke se skouer, hulle ken al die appel kabouters. Dit is so 'n bonus dat hulle net anderkant die draad (en soms desekant...) al die plaasdiere kan ervaar en die lewensirkel kan sien ontvou. Buurman aan die anderkant het 'n groepie "troetel" skape, ganse, eende, poue ens. Ek weet werklik nie hoe troetel mens 'n pou nie, maar hulle is mooi om te aanskou al klink 'n pou se roep soos 'n blou-moord noodkreet. Ons versamling vere groei en een van die dae sal ons 'n maskerbal moet hou met veremaskers en al. Solank ons nog "boots" kan aantrek onder al die lae "tafetta"...

Een van die familie se gunsteling dvd's is Jane Austen se klassieke "Sense and Sensibility". Dit speel af tussen groen heuwels waar 'n weduwee en haar mooie dogters hulle heenkome vind. Daar is helde en skobbejakke op kragtige perde wat die Engelse Rose se lewens en harte omskommel. Dekorum, deftigheid en kant tot teen die ken. Maar dan is daar 'n besoek aan London waar al die dekorum slegs 'n dun lagie veneer vorm oor die redelike vrotterigheid daaronder. Daar is 'n toneel waar twee dames met regop ruggies, lawwe hoedens en stywe lippies sit en fluister, die een besig om 'n vere-masker te vorm vir die volgende bal... 'n Geheim word in 'n delikate oor gefluister en meteens vlieg die vere, die een madame word aan die neus gegryp terwyl die ander krap en skreeu. My "mansmense" se hoogtepunt. Met die verlies van inhibisies weer herstel, kry elke roos haar held en die konfettie waai in stede van die vere. Vir my vreemd dat Luke en Daniel dit so geniet, hulle vra gereeld vir die "mobie bout de ladies"...

Verder is musiek-dvd's altyd 'n treffer, enigiets van jazz tot Andre Rieu se viool ekstravaganzas, gypsy of bluegrass. Daar is altyd 'n aanvraag vir "God-music" - en dan sing hulle saam uit volle bors. Om 'n amper-twee en drie-jarige spontaan te hoor sing: "Praise the Lord" en "Haleluja" met hande in die lug, laat my hart sommer uit haar borskas spring van vreugde.Gister sing ons "Sing Hosanna to the King of Kings" In Luke se mond word dit "Sing for Sonia". Ek glo dit laat Hom glimlag...

Dit laat my toe mos wonder oor die betekenis van "Hosanna" (het biekie vergeet). Wikipedia gooi vir my die Nederlandse verduideliking uit, en dit is vir my so mooi ek gaan dit net so oorskryf en hoop julle verstaan almal:

Hosanna is een litugisch woord in het Jodendom en Christendom. In het Jodendom wordt het altijd gebruikt in de originele Hebreeuwse roep Hosha Na. Het betekent letterlik: Help nu! (Help toch) en wordt zowel door evangelischen alsook katholieken en joden gebruikt om een bepaalde vreugderoep uit te drukken. In het Hebreeuws zijn het twee aparte woorden: het eerste betekent "redding, verlossing" en het tweede "alstublieft" (asseblief).

Red my asseblief! 'n Vreugderoep wat bevestig wat klaar gebeur het en oor en oor gebeur elke dag in oorlewering aan ons Redder. Leef vry, in vreugde en in oorlewering die week.

Met vele liefde
Die Heuwelbielies


22 Februarie 2013


Die Fabulous Baker Boys


Herfs kruip stadig maar seker teen die hange op. Die boomtoppe begin verkleur en die nagte het 'n byt wat vashou tot die son begin water trek... Die dae is korter en kosbaar. Herfs was nog altyd my gunsteling tyd van die jaar. Lente is lieflik, maar wanneer alles om ons begin regmaak vir die winter-rus, word ek ook rustiger. Ons maak meer tyd vir kyk, die son op jou vel  te voel en vriende op te soek vir 'n kuier. Hiberneer tyd le voor en ek weet binnekort gaan ons asems wasem en neuse drup. Herfs is die tyd wat God al die warmste kleure op sy palet gebruik om ons oe op te lig van die stof. Die bome gloei met skakerings van amber, roes, oker en rooi. Ek wens altyd dat ek dit alles saam in 'n groot tapyt kan weef om voor ons vuurherd te gooi. Ons arme Kelim is deurgeloop en hier en daar het Cloey-brak se stoute tande ekstra fraiings op vreemde plekke gemaak.

Maar dis 'n berghuis en meesal pla dit my niet te veel, en daar is darem nie 'n "dikke dominee" wat besoek afle, so dis oraait. Ons gooi 'n kombers bo-oor en hou piekniek of speel seerowers in 'n woeste see. Dan is die bank die skip waarop drenkelinge met 'n tou uit die water gesleep word ensovoorts. Ek verstom my aan die kleines se verbeeldings-wereld wat elke dag ryker (en maller) word. Speel het nou meer struktuur en ek kan meer tyd vir myself en ander bedrywighede steel.

Daar is nog 'n Josefskleed gemaak en hulle lyk erg lief met die lapjassies aan. Sal annedag 'n foto neem. Nou  is ma lus vir fluweel mantels en "fleece" jassies maak om saam met die brode te smous. Intussen le daar 'n sak vol delfsblou skerwe van gebreekte breekgoed wat in 'n mosaiek omskep moet word vir 'n bergvriendin. Lyk my die "rustig word" gaan van korte duur wees... 

Bergvrouens is vir my 'n wonder. Hulle daag elke dag die berg uit met growwe stewels en dik jasse s'winters. Maar dan meteens kom die jas af en die hare word uitgeskud en elke greintjie is sag en vroulik, dog sterk soos klinknaels. Daar is 'n plek onder in die dorp met die naam "Never Daunted". En die vrou wat die septer swaai (naas haar man) oor die stuk bergland is klein en fraai met 'n sagte stem en versigtige maniere. Maar as sy begin berg op en af klim, word mevrou 'n wildsbokkie, en min kan bybly. Op enige ander plek, sou hulle reeds 'n gaatjie in 'n aftree- of veiligheids-oord geboek het - albei raak-raak aan sewentig. 'n Hartsvriendin in die pad in dieselfde kategorie ry nog die heuwels op en af met 'n bergfiets, ry perd met oorgawe en stap elke dag so 10km of meer. Sy is net so tuis agter 'n draaibank as agter haar ouderwetse spinwiel en ken elke bol en blom op die berg by name. O ja, daarby is sy nou ok sommer ons dokter en vee-arts en het meeste van die berg se kierie-draers onder haar wakende oog geneem.


Dan voel ik mezelf nog maar 'n kalfje op wankelende benen. Maar as ek my oe opslaan na die berge buite my venster, weet ek waar my hulp vandaan kom.

Psalm 121:1-4
Ek slaan my oe op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom?
My hulp is van die Here wat hemel en aarde gemaak het.
Hy kan jou voet nie laat wankel nie, jou Bewaarder kan nie sluimer nie.
Kyk die Bewaarder van Israel sluimer of slaap nooit nie.


15 Februarie 2013





Dag lieves,

Daar het jy hulle; al vier Gloeiwurms in een prentjie. Danksy 'n driebeen en 'n slim kamera. Die geleentheid was 'n oue oom in Kaapstad se verjaarsdag, en hy moes 'n kaart kry met al die Royal Hillbillies op. Na vele gevriesde "smiles" en 'n rondhoppery en stilsittery was daar uiteindelik sukses. Ook ongewoon om die apies in 'n ernstige luim te vang - so dit was sowaar 'n oomblik.

Verder gaan die lewe sy gang. Eergister was 35 grade Celcius maksimum, vandag 13... Toe is daar weer kaalboudes op die dek geswem (niet ik hoor!) en vandag sit ons by die kaggelvuur. Ek begin dink dit is wat die lewe hier so interessant maak. Die kontraste. In-bly dae forseer ons om meer kreatief te wees, meer na binne gefokus te wees (en meer geduldig met mekaar...). Die houtehuis is kompak en net groot genoeg, maar buite is daar oneindige spasie, en altyd meer vir agies om te ontdek. En wanneer apies op 'n ontdekkingstog is, kan die ma-aap vir 'n slag weer asem haal en haarself hoor dink.

Wanner dit tyd is vir klein mense om te slaap, moet daar altyd 'n storie kom, en male sonder tal vra Luke vir die storie van Josef. Eintlik nogal grusaam, elf jaloerse broers wat 'n jongste in 'n put smyt en dan besluit hulle verkoop hom sommer en maak 'n slap storie op vir die verdrietige vader. Op goeie aande is daar snorke teen die tyd wanneer arme onskuldige Josef in Egipte in die tronk land. Maar soms gaan ons dwarsdeur tot die hongersnood in Kannaan en dan soms tot die reunie-party van 'n enorme familie in Egipte. Een van die hoogtepunte van die storie is die "coat of many colours" wat Josef van sy pa kry. Dan moet daar uitgebrei word oor hoe die mantel hom soos 'n prins laat voel en hoe sy broers groen van jaloesie word elke keer as hy dit aansit. Met die gevolg dat die prinsie vir sy eie Josef's kleed vra... O wee, Geen Ruby's of Fabric World om die hoek om die nodige te kry om die ding aanmekaar te sit. So met stukkies en lappies is daar toe gister iets aanmekaar gelap. Daar is 'n gaatjie vir die kop en die arms ook, so ek het darem nie te sleg gedoen! Luke is in ekstase, maar nou moet die kleine prins ook een kry natuurlik. Hier beginne we weer van voor af aan...

Dan dink mense nog daar is fout as ek nie beindruk lyk wanner hulle my vra wat ek my al my tyd doen hier bo in die berge. Maar daar is geen klagtes. Dit is 'n bevoorregte lewe, wat ek nie graag verruil, ten spyte van die koue, ongemak en uitdagings.



Twee aande terug was dit soel en warm en ons kon buite sit met 'n aandete piekniek, en sien hoe die berge en hemelruim kleur verander en die aandster begin flikker. Na die ibisse hulle neste vind, neem die krieke en paddas oor en dan uiteindelik 'n heerlike stilte in die ink-donkerte. Dan skyn elke ster met God se glorie en ek droom oor 'n dakkamer en 'n teleskoop teen my oog.. Wie weet, Dawid se tereg: "verlustig jou in die Here; dan sal hy jou gee die begeertes van jou hart"...


5  Februarie 2013




Na 'n vreemde nat en koue dag met 'n kaggelvuur en warm wolle om ons lywe, is daar weer sonskyn in die bloue lug. 'n Koel briesie hou my op my tone terwyl die twee apies soos "frisky puppies" rondhol. Ons het vroegdag die bos gaan verken en ons aan al die verskillende soorte mos en sampioene verwonder. Ook 'n bosman teegekom met 'n groen baard en 'n Pinochio neus. Geen mopjes (grappies), hier is hy:


Hy was ons heel vriendelik gesind en het ons al die geheime van die woudmense vertel. Dat mag ik niet oververtellen... Verder was daar net die alledaagse bosnimf of twee op ons pad en 'n elf met 'n hobbelrug. Hy had 'n sakkie slakke op sy sluwe skouers al slurpende en smullende aan smeulende spinnekoppe uit 'n snikhete sissende vuur. Probeer dit vinnig opse so tien uur saans langs die braaivuur (Andries)...

Dis altyd 'n wonder om dinge in die natuur aan die jongetjes uit te wys. Die bosduiwe wat koerrr, miniatuur sampioene op 'n omgevalle boom, goue boomgom in die son. Daar is soveel stories tussen die bome en hulle word nooit moeg daarvan. Ons het 'n spesiale plek tussen twee boomstompe waar ons altyd moet rus en soms piekniek hou. As mens daar sit kan jy jou verbeel die wereld is ver weg en alles is goed en mooi. Ek gaan altyd aan oor die "bosgeur", maar daar is niks wat daarby kom. Die ryk aardsheid in kontras met die vars skoon reuk van dennenaalde laat my skoon en lig voel van diep binne-in tot oral oor.


Niemand behalwe God weet hoe lank ons nog in die paradys mag woon, so ons wil graag elke oomblik daarvan benut. Soms raak my kop seer van al die werk in die wildernis, maar dis maar seker soos met 'n olifant eet, een happie op 'n slag... Ons is maar woes en deurmekaar hierbo, maar die koningin sal seker nooit hier uitkom, so dis oraait. Ons streef nie na die voorblad van die "Garden en Home",  "At home with the Hillbillies" sal maar moet doen.

Johannes 14:2 lees: In die huis van my Vader is daar baie woonplek. As dit nie so was nie sou ek nie vir julle gese het ek gaan om vir julle plek gereed te maak nie. So as Jesus self die hemelse huis vir ons reghou, dan hoef ek seker nie teveel verder te bekommer om alles eksie-perfeksie hier te hou nie. Ons houtehuis is warm in die winter en heerlik koel somers met groot deure in elke vertrek wat wyd oopmaak om die bergbriese in te laat. Die wonderlike uitsig lei jou oog af van die modderpote en speelgoete op die vloer ens. So dan haal ek diep asem, pak snoepgoet in 'n rugsak en ons maak reg vir die volgende bos-ontdekkingstog.

Hoop julle dae het ook telkemale ontdekkingstogte om die wondere van God en sy skepping in te neem en met ander te deel.

Heel veel liefs uit den Bergen
Die Gloeiwurms

25 Januarie 2013


'n Heerlike sagte somersdag met vet wit wolke wat soos groot ontdekkers-skepe van ouds oor die hemel vaar. Vir 'n slag heerlike stoep-sit dag, maar weer helemaal te veel te doen oral. Die rookwolke bol uit die broodoond se skoorsteen en man en mannekies dra houte aan dat dit klap. Dit is sowaar 'n oond om tegen U te zeggen, en die vuur bly honger regdeur die dag. Maar ek maak tyd om so wyle saam' met my geliefdes asem te skep. Ons drink 'n "cuppa" saam en staar na die horison.

Gister is daar tamaties en kruie geplant en dit was 'n familie-projek van formaat. "Vele hande maak ligte werk", het nie noodwendig betrekking op hande van piering grote. Handjies wil oral by en die bakker moes mooi mik om die ywerige vingers mis te spit. Nietemin was dit tog pret en nou kan ons natgooi en wag vir die oes.

Vroeer die week was dit vir 'n slag warm genoeg om te swem en ons het dit ten volle benut. Na die dag se bedrywigheid het ons by die Hogsbak "beach" goggas en paddavissies en naaldekokers bewonder. 

Ek het van nuuts af  die genot ontdek om plat spoelklippe oor die water te laat spring (ala Amelie) en my kop onder koel donker water te dompel en soos 'n nat hond af te skud. Die padda-kore het vir ons gesing en ma moes grillerige bruin bloedsuiertjies van boudes en bene aftrek. Nie so 'n beskaafde strand-ervaring, maar in die berge het ons al geleer: "verwag die onverwagse". En maak die beste daarvan!

Vanoggend lees ek nogal iets merkwaardig. Psalm 103:12 se: sover as die ooste verwyder is van die weste, sover verwyder God ons oortredinge (sondes) van ons. In die oorspronklike Hebreeus word die woord "nasa" gebruik vir "verwyder". Nasa beteken letterlik "to lift away". Nogal lekker om te dink dat ons Verlosser dit wat ons verkeerd doen in die ruimte in "blast" en ons vry daarvan kan "sweef". Dink nie die VSA het ooit gedink hulle ruimte program sal ooit God se genade bevestig! Slegs 'n vergelyking, maar dit het my nogal laat dink. Ons ouers te landgenoot Corrie ten Boom reken Hy sink ons sondes in die diepste oseaan en sit dan 'n "no fishing" bordjie op. Hoe dit ok al sy - dis weg, koebaai, annerkant die maan!

Onthou julle: "Keep your feet on the ground and reach for the stars"? Hey man, as jy kan Pop-Shop onthou, val jou tande ok al seker uit en word die brille elke jaar sterker.

Wie gee om - jeug is in elk geval "overrated". Laat die vyftigs maar kom - meeste van julle is al daar, en julle is elkeen mooier as ooit (Wel toe ek julle laas gesien het...)

Heel veel liefs
Martje-Maya



18 Januarie 2013


Vreemd dat ek altyd "die Stoep" stories skryf wanneer dit die mees ongeskikte tye is om op die stoep te sit. Dit sous en is minder warm hier bo in des berges. Die bakker werk hard aan sy spiere in die bakkery en apies slaap sag. Ek hobbel so effe op die oomblik as gevolg van 'n minder aangename pyn in my heup. Daai een waar hulle die been uitgesaag het om vir my 'n nuwe ruggraat te bou. Dit dalk effe oordoen die week. "This too shall pass".

Soos julle kan sien, het ons 'n "scaredcroak" (ala Luke) gemaak die week. Sy is gedoop "Dame Lillibeth of Inesi" en is baie kwaai. Die honde wil nie naby haar kom nie, grom en blaf histeries van 'n afstand. Eintlik bedoel om die voeltjies af te skrik, maar met al die geblaf sal daar in elk geval geen vogel dit naby die kostuin waag nie. Dit was groot pret, en ek glo sy sal nog vele aanhangsels kry soos die tyd loop. Dit was min of meer somer die week, met 'n koel dag tussen-in. Ons het almal loop en gaap en snak die dag wat dit eintlik bo 25 grade was hierbo. Meesal is ek nogal dankbaar dat dit nie so woes warm word, solank daar darem 'n son erens in die dag is en mens dit kan waag om 'n enkel laag klere aan te trek.

Ons eet heerlik "raspberries" uit die tuin (dit wat die voels nie steel nie), die pruime en perskes word ryp aan die bome en die spinasie staan geil. Die kruie-tuin brei ok uit en dit bly 'n genot om uit die tuin te eet en kook. 'n Uitdaging tussen die elemente en die "crawlies" en onkruide, maar wel die moeite werd. Soveel van wat ons eet en drink word binne 'n paar kort afstand van ons huis gemaak, gebrou(!) of gegroei en dit is nogal 'n voorreg...

As 'n relatief-nuwe "Facebooker" voel ek nog steeds nie altyd gemaklik met die hele konsep. Heerlik om met familie en vriende in kontak te bly en lekker fotos te kyk. Maar soms sien ek darem baie nonsens en kan mens heerlik tydmors om ander mense te bekyk, sonder om jou arm op te lig, te luister of iets te se of van jouself te gee. Dalk is ek maar te krities, maar tyd is so kosbaar, ek hoop om soet genoeg te wees om my Facebook tyd tot die minimum te hou.

Ons het die laaste week 'n paar wonderwerke in ons "fellowship" beleef. Sondag het ons vir drie mense se gesondheid gebid. 'n Ernstige geblokte aar in een se been wat aanhoudende pyn veroorsaak, 'n ander se gehoor wat erg versleg het oor die laaste tyd, en iemand wat vir 'n lang tyd al met geestes-gesondheid sukkel. Die pyn in die been is weg en doktersafsprake is gekanselleer. Die ore is weer "oop" en kan weer die Piet my vrouens hoor sing. Daar is merkwaardige verbetering in die toestand van die jong vrou met die "mental illness" en sy, en haar familie ervaar meer vrede en vernuwing in hulle huis elke dag. My hart is soms so vol van al die dinge dat ek dit maar laat oorloop en dan moet ek weer aan Luke en Danu verduidelik "why is Mama sad". Dan zeg Moeder, "I'm crying because I'm soooo happy and Jesus loves us soooo much". Wat meer vrae bring, maar hulle begin verstaan. Hulle Ma is maar agterstevoor, onderstebo en binneste-buite soms - maar hoe dan anders as mens SY liefde so ervaar!

Met my liefde, die son oor julle en Son of God by julle in die week wat voorle.
Haleluja... en welterusten



11 Januarie 2013



Bizarre. Dis amper middel Januarie en die maksimum temperuur vandag was so 14 grade Celcius. Ons kaggel-vuur knetter terwyl die bakker pannekoeke flip. In Pretoria is dit 31 grade laatmiddag en die mense braai en knak 'n Castle. Die honde en kat is in stywe sirkels opgekrul en apies maak lekker gemors met koek-kleursel verf. Danu moet maar in die tuin gaan werk, want hy het groen vingers, hande en sommer so paar smere om die mond ok. Nie dat ons tuin aanmoediging nodig het nie. Alles groei so wild dat tot die feetjies verdwaal. Ek onthou nou "plotseling" van 'n liewe vriendin se man wat vir sy familie se as hy blare van die tuinpaadjies wegvee: "Ek paai die feetjies". En 'n ander wat na 'n asemrowende sonsondergang staar en wou aankondig: "Ooh dit voer my mee" en wat toe uitglip is "Dit vee my moer" (askies)... Ek lag lekker, maar ek raak gereeld sulke disleksiese frases kwyt.

Die bakker-man kan heerlike "slip-ups" maak in Afrikaans. Hy vertel op 'n keer vir iemand dat sy vrou oorgeval het toe ek erg grasieus oor 'n klip neergeslaan het. Ons kry gereeld "donderbye" en dis nie die heuning soort nie. Ek vergeet nou die ander, maar dis heel dierbaar... In Afrikaans se mens mos wat nie doodmaak nie maak vet en in Engels is daar 'n gesegde wat lui "What doesn't kill you, makes you stronger" 'n Mayanisme maak dit toe sommer "What does't kill you makes you fat". Ai tog, mens moet maar vir jouself kan lag soms.

Ek kan onthou met die bou van ons "Inesi" het ons aande omgelag tussen Bouermuis en Bakker-man se kwinkslae. Dit was 'n tussen-in tyd waar ons gedink het daar is soveel "warries" oor die menigte bou-uitdagings, besluite ens. Maar eindelik was dit 'n tyd van min sorge, baie opwinding en nuwe vooruitsigte. Alhoewel daar nou heelwat meer verantwoordelikhede en eindelose behoeftes van klein lyfies is, lag ons nog net so lekker.

Kinders kleur mens se lewe in, soveel as wat hulle jou geduld kan rek tot breekpunt. Luke het 'n waarnemingsvermoe en geheue wat my soms verstom en Daniel kan so diep in my siel inkyk dat dit my soms laat wonder wat hy daar sien. Hulle leef so in die oomblik en leer my elke dag om die wonder in alles raak te sien. Mens hoef nie heeltyd bewus te wees van sosiale "airs and graces". By hulle kan ek maar net wees. In die blare rondrol as ek lus het, gesigte trek en met my vinger die borde uitlek as ek lus het. Dit lyk my daar is nie 'n vaste formule vir kinders grootmaak. Solank hulle verseker is van ons liefde is daar baie grasie. My Ma het vir ons elkeen 'n gedig/gebed op 'n keramiek teel gegee in die mooiste Nederlands. Dit begin met "Ik leg de namen van my kinderen in Uw handen..." (Lees gerus weer die hele gebed op die Quotes, Prose and Poetry bladsy van my blog). Dis waar dit begin. Daar is hulle veilig en daar kan die aanslae van 'n gebroke wereld en die foute van faalbare ouers hulle nie bereik. En as daar dan pyn op hul pad kom, wat sekerlik onvermydelik is, is God steeds daar.

Ons is maar almal kinders onder sy vlerke. Eintlik 'n heerlike gedagte, dat mens weer klein kan wees en jou Pa jou laat optel en vashou as jy bang of oorweldig is. Want: "In al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons (eerste) liefgehad het" Romeine 8:37

Nou ga ik na bed voor my geselse swymelinge word. Vroeg op en vroeg na bed, dat is mijn grootste pret. Ala Jan Kooi (Snr).

Welterusten en gaat u geweldig en mij beter!
Meidje-Martje


04 Januarie 2013



De bakker is aan't bakke, die kinders is op my hakke en die jaar is eweskielik in volle swang. Vergete is die paar dae van rus en "bliss" in Bedford en bedrywigheid is aan die orde van die dag. Daar is altyd veel verwagting en hoop aan die begin van 'n nuwe jaar. Daarmee saam gaan dan ook onnodiglik angs om dinge reg te doen, reg te maak, op hul plek te kry en verkieslik alles in die eerste week!



So ek rebelleer sommer onmiddelik en sit liewers 'n oomblik op die stoep en gesels met my geliefdes. Met sus en swarie se kuier nou ook net 'n salige herinnering, wil ek nog steeds weer vir julle almal bedank vir die heerlike bederf wat saam met hulle hier geland het. Julle was sommer in 'n oogwink almal saam in onse huis, en ons geniet elke stukkie bederf sommer baie!

Bedford le teen die Kaga berg met die Winterberge wasig in die verte. Net so 60km buite Fort Beaufort maak dit 'n gemaklike afstand vir 'n paar dae "breather" en vriende het 'n huis wat hulle heel gaaf aangebied het vir die doel. Dit was nou regtig 'n soete tyd van saamwees, speel, wandel, lees en rus. Die plek het 'n regte "dorpie" atmosfeer en die "locals" is nie so eksentriek soos ons Hogsback gespuise, maar uniek in hulle eie "oppie grond" manier. Ons diere mog mee, so daar was darem 'n warrie minder.

Oujaarsaand was 'n heel bedeesde gebeurtenis. In die verte was daar 'n "boombox" te hore en teen middernag het die "odd" klapper of twee die honde se ore laat spits, maar verder niks skokkend. My geliefde bakker-man en ek het die nuwe jaar ingesien met 'n lee "bubbly" borrel tussen ons. Die apies was rustig aan't snorke, so ons kon te lekker sit en terugkyk op 'n jaar van wondere.

Ek glo die jaar wat kom sal sekerlik nie sonder uitdagings wees. Maar ek voel daar is soveel om my te verseker dat ons versorg sal word wanner die beursie leeg is, versterk sal word as die bene wankel, en vergewe sal word as ons telkens val waar ons nie moet. Ek sien uit na saamwees en deel of dit nou oor 'n afstand of hopelik aangesig tot aangesig gaan wees. Julle bly naby my hoe dit ook al sy.

Heel veel liefs!!




13 Desember 2012


Hier's ek weer met my rose-pienk gumboots voor julle deur. Na 'n dag van salige sonskyn, val die reen en ek gee nie eers om. Dit gee my heimwee en ek verlang na die laatmiddag donderstorms van die Hoeveld. Van al die goeie dinge van "good old" Gauteng, was dit een van die top 10. Na die snik-hitte en stof van 'n mid-somersdag, kon die gerommel en die salige gesous op my sinkdak, verfris en verkwik soos niks anders.

Of op pad van midde-stad se malle verkeer, deur Fonteinedal en vallei naar huis, met reen wat op Liesbet (my ou VW Beetle) se ronde doppie uitsak. Dan met 'n glas wyn op die stoep, my dierekinders om my voete en die stinkhout en kamferboom wasig in die reen. Saligheid in oortreffende trap.

Tans is die drie Hogs wasig in die reen, my geliefde sit 'n stomende koppie rooibostee langs my "keyboard" neer, en twee blonde apies spring agter my rug op die bank rond. (Ja, 'n ma het oe in haar agterkop...) Vreugde in 'n ander pakkie toegedraai.

Dou-voor-dag het die bakker vars plaasmelk gaan haal, van die koei in die maag, nog warm en met 'n dik laag room bo-op. Teen die hoogte bo seevlak is daar nie so iets soos kalorie en colesterol... Interessante teorie, dink julle nie? My bergsus maak vir ons jogurt en kaas in ruil vir suurdeeg brood en gemmerbier.(broumeester, bakker en veel meer!) Ons ruil dikwels brood vir enigiets van marmelade tot gerookte salm of  vars groente. Met ons "geld" wat nou meer soos Monopoli papiertjies lyk, sou dit nogal lekker wees as ons alles so kon "koop".

Die oumense het gepraat van kwaad-geld as iemand ledig rondhang, maar ek dink nogal teveel van die goed kan enigiemand "kwaad" maak. Die persepsie is dat dit mens vrymaak en dat "geld wat stom is kan regmaak wat krom is". Meeste van die tyd maak dit mens meer krom van "warrie" oor waarop om dit te spandeer, en dat daar altyd genoeg moet wees om die gate toe en harte bly te maak.

Ek (probeer) leer om soos een van die lelies in Matteus (amper skryf ek Mattewis) te wees, hulle arbei of spin nie, maar is in heerlikheid geklee soos nie eers Salemo van kon droom. Arbeid sal ons op die wilde stuk grond nie vryspring, maar ons kan minder "warrie" oor waar elke sent vandaan gaan kom. Dit werk maar net altyd uit, mense is vrygewig, die besoekers honger vir heerlike brood en God se horing van oorvloed word werklik nooit leeg.

Hoop die oorvloed is ryk en heerlik waar julle is. Sonder Cremora, maar vol van dit wat eg en goed is!

Met dik romerige liefde en groete

Die Bergbewonders



6 Desenber 2012

Dag weereens,Salige sonskyn - tyd vir teddiebeer piekniek, swem, kaalgat rondhol (niet ik hoor!) en nat voetjies ooral. Wat 'n plesier na al die gesous... Die brushcutters zoem oral, na al die reen verloor ek weer my kinners in die lang gras. In die donker woud, waar dit klam en warm is, word die aarde wakker. Nou wag ons vir die sampioene, die sappige Boletus, geurige Pine-rings, elk met 'n aardse geur en smaak wat niks anders kan ewenaar. Nog een van die vele wonders van ons bergbestaan.

Na al die storm en drang van die laaste week is dit ongelooflik stil vandag. Nog nie warm genoeg vir sonbesies en vir 'n slag het die knaende Piet-my-vrou ook niks te zegge. Die apies en hul bergsussies het tussen die wattles gaan klouter en behalwe vir 'n ver-af gejuig en die kruiwa wat hout bring vir die volgende baksessie hoor ek net mooi niks. Die sinkplate begin kraak soos dit warmer word en ek kry 'n idee, dis dalk die spreekwoordelike stilte voor nog een storm.

Ons leer Kersliedjies en dink aan kostuums maak vir die kleine skaapwagters, maar verder is die feestyd heerlike vry van vet Kersvaders en winkels vol liggies en goed om te koop. Die Kers-koors sal ons seker nog tref, en die onvermydelike toeloop, maar tans is alles nog rustig. Almal sing alte graag "Stille nag" oor die tyd, maar meesal is dinge alles behalwe stil. Dis die tyd vir eind-jaar funksies, groot eet, baie booze en min snooze. Ek staan nie hier op my heuwel en oordeel - ons moet ok maar balans hou en nie te rustig raak en vergeet om ons vreugde met andere te deel.

My stilte borrel is gebars - die kinder gejuig bereik rekord "decibels" terwyl hulle in die water plons en op plastiek fietsies oor die dek jaag. Met bone en avokadoslaai in die mae ken die energievlakke geen perke en ek hoop maar dat daar ook weer 'n stilte na die storm sal wees...

Mag die tyd van afsluit, voorberei, onthou en fees vier, die jaar met 'n helder, suiwer noot afskop.

Want 'n Kind is vir ons gebore, 'n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God Ewige Vader, Vredevors... (Jesaja 9:6)


29 November 2012
Hallo julles,

Ek sit defnitief nie op die stoep nie... Die wind loei, dit drup-reen en is dit is goed koud. Slapenstyd vir almal behalwe die ma-beer wat lus is vir klets. Hier is nie veel nuuts te vertelle - die lewe gaan sy gang, die Piet my Vrou sing sy gesang en wij zijn niet bang (Kase-mopje).

O ja, ek het darem die week weer begin mosaiek werk doen. Dit neem 'n heel nuwe vorm aan met twee knapies (ampers skryf ek knaters!) wat teeltjies omdraai en bekyk, die gom wil eet en alles wat los rondle by die venster wil uitgooi... Ek leer nuwe vlakke van geduld, konsentrasie, maar bowe al darem nog genot. Ek kan seker liries raak oor mosaiek wat soos 'n mens se lewe is, elke stukkie bring ons nader na die geheel, bla bla, maar ek is nou effens moeg vir "diep" wees.

Gras sny neem ook 'n nuwe dimensie aan hier op Inesi. Chris loop nou al vir amper 'n week en "brushcutter" swaai en nog is het einde niet. Dit lyk erg netjies, die "dandelions" se koppies is afgekap, maar dit is nou effe  meer tuin en minder wildernis. Die vreugde van saad-koppies blaas en dan kyk na die miniatuur valskerms wat rondsweef sal maar 'n maand of twee moet wag. (Kan iemand vir my help met die Afrikaanse woord vir Dandelions asb?).

Ek dink nou-net 'n diep gedagte (o wee...) Die einste geel blommetjies verpes en is defnitief onkruid, maar 'n plaat van hulle maak mens so bly, en die einste saadjies wat hulle nog verder vermeerder is 'n bron van wonder vir 'n kind. Die ander "plaag" is "brambles" (braambos?). Die goed versprei soos 'n warm skinnerstorie en het aaklige dorings aan wat mens nie maklik laat los, maar die bessies is so soet en 'n paar krapmerke werd. Hier kom die diep gedeelte: Is die goete wat ons so maklik as "pes" in ons lewens afskryf nie soms iets wat ook mooi en soet kan wees as jy dit van die ander kant bekyk? Ek vra maar net...

Ek self kan maar lekker vol dorings wees met tye, maar ek weet dat God verby die stekels kyk na die stukkie in my wat hom weerspieel, sonder merk of kreukel. Ai, wat 'n verligting!

Gaan nog gou 'n pragtige Nederlandse gedig op die Prosa bladsy sit, en dan gaan ek slaap voor ek dalk nog 'n diep gedagte kry...

Tot weer-klets lieve mensen!


22 November 2012
Dag lieve allemaal,

Na vier en 'n half jaar in Hogsback staan ek steeds verstom aan die manier wat die weerpatrone kan rondspring hier in die berge. Van 'n lieflike iets in die twintig grade sonskyn dag, tot 'n maksimum van tien grade (gister) in die mis. Ons gaan slaap met 'n enkel kombers en een laag klere en skarrel dan vroegdag om die koue lywe toe en warm te kry.

Vandag weer somer, met 'n koel briesie wat my laat voel ek is by die see. Dit is tjoepstil en donker. In die kamer langsaan hoor ek drie verskillende asems, die bas (baas) snork, die eerste tenoor snorkie en dan die vinniger in en uit van klein Gladdewyn. My buurman se Jeep brul die bult op en dan is dit weer stil. Ek hoor die kat nies, en in die salige stilte kan ek my verbeel ek hoor die sterre flikker.

Hogsback se naghemel is nogal iets om te aanskou. Op aande wat dit warm genoeg is om buite te sit, staan ek soms op ons nessie se dek en vergaap my aan die wonder daarvan. Omdat die dek so hoog is, met geen straatlig naby, voel dit of mens erens tussen hemel en aarde hang in die diep donkerte. Maar bo jou kop strek die nag se dak so ver as jy kan inneem, verlig met ontelbare "ligame". Die Skepper van al die "ligte", het hulle op 'n dag in die hemel gestrooi en elkeen het op sy plek geland, elkeen het sy naam. Ek hoop julle kon die Louie Giglio utube oopmaak. Tot die sterre sing vir Hom!

Maar vannaand sit ek hier en gesels terwyl my boude lam word en my ore spits vir klein apies wat asseblief tog nie nou moet wakker word. More is dit weer bakdag voorbereidings en Saterdagoggend word ons wakker met die reuk van brood wat dik en heerlik in die lug hang. Dan gee die bakker 'n vars baguette deur die venster aan en ons sit sommer so in die bed en skeur stukke af tot die laaste krummel verdwyn. Dan sit ons almal saam by die kombuistafel en verslind 'n aartappel of saadbrood met botter wat smelt en drup. Die eenvoud van sulke "tradisies" verveel my nooit, is nuut elke keer.

Luke en Daniel kleur elke dag in soos net 'n drie-jarige en amper twee-jarige dit kan doen. Hulle maak my soms ligtelik mal, maar dan waggel Danu nader, gooi sy arms wyd en se "lavs you" en alles is weer goed. Die naweek hoop ons om na 'n "airshow" in Fort Beaufort te gaan kyk, so bietjie meer as 'n halfuur se ry van die berg af. Maar die pad terug is altyd die lekkerste, as ons daai draai vat wat se "Hogsback 20km", dan dink ek elke keer; haai dis waar ons bly!

O aarde, ek hoor 'n kreun uit die donker. Laat ek in my pajamas spring en 'n stukkie slaap voor die "toddler-trein" wakker word.

Welteruste tot volgende keer!


15 November 2012



Dag liewe vriende en familie,

Net om seker te maak dat ek darem nie helemaal veringels nie, skryf ek so 'n entjie in Afrikaans.

Ek vermaak soms vir Luke en Daniel met 'n string Afrikaanse woorde of 'n Nederlandse gesegde wat Luke heel oulik namaak. Hy weet as hy erg stout is kry hy "pakslaai" en as hy erg laf is, is hy 'n "pampoem". Daniel Johannes Gladdewyn is nog eentalig op die stadium, maar ons werk daaraan.

Ons het nou ook 'n landlyn, so bel gerus gedurende "callmore" tyd, dan babbel ons 'n storm of twee los. Die nommer is (045) 9621018.

Intussen tel ons die dae af, want Desember is daar dubbel-lekker om na uit te sien. My eie sus en swarie kom kuier en dan 'n dag daarna, Chris se broer van die Kaap. Kannie wag...

Dis laatmiddag en vir 'n verandering goed warm hier. Luke en Danu hol poerelnakend oor die dek rond en verstom my met hulle energie wat nooit opraak. Ek het net 'n onkruid of twee uitgetrek en die groentes natgespuit en is nou "kapoep".

Praat van energie, die "Lord of the Chain-rings" gebeur hier die naweek (waar is my boet en Spieremuis?) en orals waar jy gaan trap daar gespierde, gladgeskeerde ouens vir die vale om die heuwels op te kom. Groot opgewondenheid. Die berg zoem, die restourant-eienaars is gestres en die "hogsellers" maak varkies dat dit klap.

Dis dalk genoeg vir eers, sal probeer om so stukkie te skryf elke nou en dan as ek kans kry. Ek kry altyd lag vir myself as ek dink daar is nie genoeg "tyd" en ek begin rondhol en vlerke vlap om alles gedoen te kry. Ons is mos veronderstel om "laid back" te wees hier in die wolke. So dan gaan sit ek maar 'n rukkie op my bas, kyk vir die mooie prentjies om my, haal diep asem en laat die stof vanself uitwaai...

Heeeel veel liefs aan allemaal.
Die spaarkamer se bed is altyd opgemaak!

11 comments:

  1. Maria
    Ek geniet jou blog en lees alles oor en oor. Dankie vir jou mooi skrywes en fotos, dit voel elke keer asof ek bietjie by jou kuier.
    Liefdegroete
    Lizette

    ReplyDelete
    Replies
    1. Dankie liewe vriendin, ons sit lekker in jou tuin, of op my stoep sommer so in 'n oogwink. Wat 'n plesier!

      Delete
    2. Hierdie blog is 'n werklike inspirasie en getuienis van God se almag en liefde soos ons dit nie elke dag erken nie en ook nie altyd raaksien nie.
      Dankie Maria, dis wonderlik om ook my Here deur jou te herken en te beleef.
      Boetie Bart

      Delete
    3. Dankie lieve boet. Ons deel dieselfde liefde. Jou woorde gee my moed om aan te hou skryf en te deel.

      Delete
  2. Liewe Maya, hoe lekker om in Afrikaans van jou te hoor. Soos altyd smul ek aan jou skryfwerk, en sien die prentjies wat jy skilder. Baie dankie!
    Baie liefde
    Miela Mys

    ReplyDelete
    Replies
    1. Ek het gedink dis hoog tyd dat ek weer effe die wortels opgrawe en met my familie en maats gesels

      Delete
  3. Hallo liewe Maria. Ek dink sodra jou "JOY" artikels aan die gang is, moet ons beslis plan maak met "Die Stoep" ook. Mis nie een van jou skrywes nie, hetsy Afrikaans of Engels! Hope liefde en xxx. Antie Ria

    ReplyDelete
  4. Hi Maya, dankie vir die heerlike Afrikaanse skryfwerk met al die pragtige foto's van julle mooi gesinnetjie.
    Baie liefde en groot hugs
    Amelia

    ReplyDelete
    Replies
    1. Dankie Dolla, lekker om so in kontak te bly en soms terug te kyk na jou eie doen en late...
      Jou vriendinskap bly kosbaar al is dit oor 'n afstand
      Veel liefs
      Maria

      Delete
  5. Hi Maya
    Hoe heerlik om van alles daar te lees in jou kenmerkende en besondere beskrywende taal en wat jy alles vanuit 'n heel ander hoek bekyk! En die pragtige foto's van jou kroos en familie is dierbaar. Ek word vir 'n kleine rukkie deel van julle lewe daar. Baie dankie, dit help as ek begin verlang! Jou woord-wereld met al die heerlike smulgoed is hemels vir hierdie vriendskap-soettand!
    Baie liefde & hugs
    Miela Mys

    ReplyDelete
    Replies
    1. Vir my ook lekker om vir julle van alles te vertel. Seker ook maar uit verlange... En dan as ek so mooi boodskap van my liewe Dolla-maat kry, dan is my hart sommer bly.

      Groot liefdes
      m

      Delete